Herman Venter

Ds.

Hermanus Johannes (Herman) Venter (4 September 19528 Maart 2016) was tussen 1991 en 2010 predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, naamlik agt jaar van Bethal en daarna 11 jaar van Pongola.

Herman Venter
Naam Hermanus Johannes Venter
Geboorte 4 September 1952
Sterfte 8 Maart 2016 (op 63)
Kerkverband Gereformeerde Kerk
Gemeente(s) Bethal 1991–1999
Pongola 1999–2010
Jare aktief 1991–2010
Kweekskool Potchefstroom

Jeugjare

Herman Venter het as plaasseun grootgeword. Ná skool het hy aan die destydse Bloemfonteinse Onderwyskollege studeer en hom as onderwyser bekwaam. Op Saterdag 5 Oktober 1974 is hy met Corrie Dannhauser (gebore 22 Augustus 1953) getroud.

Nadat sy vader oorlede is, het hy voltyds in die distrik Wesselsbron begin boer, maar gedurende dié tyd het hy, as getroude man met twee kinders, ál meer die roeping ervaar om predikant te word.

Teologiese opleiding

Hoewel dit baie opoffering geverg het en hy later sy plaas verloor het, het hy begin 1984 met sy voorbereidende studie begin en einde 1986 sy B.A.-graad verwerf. Daarna het sy teologiese studie gevolg wat hy in 1990 voltooi het. "Vir die jonger studente wat saam met Herman begin studeer het, was hy ’n voorbeeld van pligsgetrouheid en hardwerkendheid," skryf ds. Fenmo Berg in ds. Venter se lewensbeskrywing in die GKSA se Almanak vir die jaar 2017.

"Hy was ’n netjiese en perfeksionistiese student. Al sy werk is deeglik georden. Hy was vir sy medestudente ’n vaderfiguur, wat veral met die latere studie aan die Teologiese Skool leiding geneem het met die verdeling van werk sodat ons as klasgroep op ’n besondere wyse kon saamwerk.

"Herman en Corrie se huis was altyd oop vir sy medestudente. Met dankbaarheid word teruggedink aan hulle gasvryheid. Herman het ’n mooi musiektalent gehad en hy het dit geniet om kitaar en mondfluitjie te speel. Hy het ook ’n voorliefde vir houtwerk gehad."

Gemeentebediening

Herman Venter is begin 1991 as predikant van die GK Bethal bevestig. Gedurende 1999 het hy ’n beroep na die GK Pongola aanvaar. Berg skryf: "Soveel lidmate getuig van die mooi gawes wat hy van die Here ontvang het. Hy het die evangelie suiwer en onvervals verkondig. Sy preke was goed voorberei en verstaanbaar, gegrond op deeglike eksegese. Elke preek is as ’n netjiese boekie gedruk en gebind. "Hy het besondere moeite met die voorbereiding van elke preek se voordrag gemaak.

"Hy het gereeld huisbesoek en siekebesoek gedoen. In elke huis met sy besondere omstandighede het hy uit die Woord bemoedig, vermaan en vertroos."

Siekte en emeritering

Gedurende 2008 is kolonkanker by ds. Venter gediagnoseer. Hy het bestraling ontvang wat daarna permanente skade sou veroorsaak sodat hy nie meer kon sit nie. Hy is meermale in die hospitaal opgeneem en kon daarna weke lank net op sy een sy lê. Tuis het hy die meeste van die tyd deurgebring op die bed wat in die sitkamer vir hom ingerig is.

Venter is genoodsaak om einde 2010 weens swak gesondheid te emeriteer. Berg skryf: "Dit was vir hom besonder moeilik, en hy het in dié tyd intens met die wil van die Here geworstel. Tog het mens hom nooit hoor kla nie. Hy het altyd gesê dat dit goed gaan. Corrie het hom in dié tyd met liefde bygestaan en elke dag met liefde versorg."

Venter se gesondheid het sodanig verbeter dat hy, al was dit met pyn en moeite, weer kon sit en sy eie motor kon bestuur. Hy het steeds die brandende begeerte gehad om die Woord van die Here te verkondig. Hoewel dit vir hom spanningsvol was, was dit vir hom ’n groot vreugde om by geleentheid weer die Woord te kon verkondig.

Einde 2015 het die egpaar van Pongola na Potchefstroom verhuis om naby hul kleinkinders te wees. Skaars drie maande later is ds. Venter weer in die hospitaal opgeneem en ná komplikasies is hy op 8 Maart 2016 van sy lyding verlos.

Bronne

  • (af) Berg, ds. Fenmo in Bain, ds. R.A. et al. 2016. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2017. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

Herman Venter JeugjareHerman Venter Teologiese opleidingHerman Venter GemeentebedieningHerman Venter Siekte en emeriteringHerman Venter BronneHerman Venter195220164 September8 MaartGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk BethalGereformeerde kerk Pongola

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MiltBrittany Ashton HolmesKaartHartversakingInternetGoogle MapsMusiekEreksieConsolidated B-24 LiberatorEkonomiese kwessies in Suid-Afrika7de LaanSinkKlerePikkewynZoeloesMiddeloorontstekingKlimaatsverandering in Suid-AfrikaAkademiaGroot vyfLys van Suid-Afrikaanse musikanteTussenwerpselDeelteken en umlautSpelerposisies in rugbyDuitsJaco JacobsChemiese elementArmoedeRefentse MorakeBrandmondsindroomHondEiffeltoringDokterToerismeJeuksiekteNarsistiese persoonlikheidsteuringSeksismeNatuurbewaringTermietMiteRubik se kubusGawes van die Heilige GeesOrthopteraInsekBernice WestKultuurJuan Antonio VillacañasAfrikaanse taalleerStilleweHaelJan van RiebeeckEkonomieVryheidsmanifesHerfsEjakulasieDirekte en Indirekte redeAgtervoegselBruto binnelandse produkSosiale mediaIndustriële RevolusieOu Apostoliese KerkIdioomWeervoorspellingNederlandTeam Fortress 2Onderhandelinge om apartheid te beëindigHelpmekaar-kollegeLionel PetersonMagneetMobutu Sese SekoKasteel die Goeie HoopMenslike skeletC. Louis LeipoldtAfkortingDataverwerkingSebra🡆 More