Herman Grobler

Ds.

Hermanus Marthinus Grobler (noemnaam Herman, 31 Maart 1934 – 4 April 2010) was van 1969 tot 1999 predikant in drie gemeentes van die Gereformeerde Kerk, waarvan die helfte van sy dienstyd in sy laaste gemeente, Potchefstroom-Oos.

Herman Grobler
 Herman Grobler
Herman Grobler

Naam Hermanus Marthinus Grobler
Geboorte 31 Maart 1934
Sterfte 4 April 2010 (op 76)
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Noord-Oosrand 1969–'74, Bellville 1974–'84, Potchefstroom-Oos 1984–'99
Jare aktief 1969–1999
Kweekskool Potchefstroom

In sy lewensberig in die Almanak vir die jaar 2011 verstrek ds. Hennie van der Bijl byna geen biografiese besonderhede oor ds. Grobler nie, maar stel die vraag: " H.M. Grobler – wie was hy uiteindelik? Vir sy gesin, sy eggenote Susan, sy seuns Herman, Gert en Nico, en sy twee kleinkinders? Wie was, in perspektief gesien, dié Herman wat op ons preekstoele gestaan het, ons nagmaalstafels bedien het, soos in bogenoemde gemeentes. Dis die vrae wat sy oudkatkisante sou wil vra, in die besonder noudat hy nie meer daar is nie. Wie was die herder langs my siekbed by die huis en in die hospitaal? Wie was die man met die stem wat ek nou nog diep in my onderbewuste onthou? Wie was die dominee met die sprekende gesig wat gewonder het of sy jongmense Inneem en sal onthou wat hy aan hulle toevertrou het? Wie was die man met sy styl van vergaderings voorsit, met die humor in sy oë en die vertroude glimlaggie? Hoe kan ek, sy boesemvriend, hom nog belig soos hy was? Dis die vrae wat mense dikwels in die Bybel agterna gevra het oor mense soos Lukas, Markus en Paulus, en ja, selfs van die Here Jesus. En wie kon dié vrae so volmaak beantwoord soos die Here Jlesus self? En Hy doen dit nou nog in die weg van wedergeboorte en die Heilige Gees."

Van der Bijl skryf: " Herman het homself die vraag afgevra wie hyself was, en sy oupa het gewonder wat van hom sou word? So het my vriend Herman met 'n verleë glimlaggie sy oupa se vertwyfeling oor sy kleinseun in herinnering geroep: 'n tronkvoël of 'n predikant? Die moedelose oupa was raadop toe sy kleinseun by 'n vendusie op die plaas al die sleutels van al die ou Ford-karre uitgetrek en dit in die lang gras weggegooi het! Herman kon die prentjie van sy verslae oupa nie vergeet nie. En die kwaaddoener het hom in stilte verlustig in die swetstaal van wraaklustige boere! Sy eie moeder moes dit ook ontgeld toe hy die lampetbeker en wasskottel inmekaar getrap het net om te bewys wie hy, Herman Grobler, is: net één van die twee – of 'n tronkvoël of 'n predikant. Die laaste was blykbaar die mees voor die hand liggende opsie. Wat in 'n soort wanhoop gesê is, het uitgeloop op 'n roeping en bekering.

" Herman het belowende talente gehad – sy oupa het dit ook aangevoel. Dit wat ons as vriende so saamgebind het, was veel meer as ons gemeenskaplike belangstelling in musiek, wysbegeerte en teologie. Dit was twee kinders van die Here wat Christus in mekaar gevind het, en waardeur almal wat met hom omgegaan het, so ryklik geseën is. 'n Kosbare herinnering aan 'n Kersdiens wat ons bygewoon het in Bellville waar ds. Herman voorgegaan het, was voordat die diens begin het, het die hele gemeente vol verwagting gereedgemaak vir sy verskyning. Met ds. Herman op die kansel het die gemeente met oorgawe en lofprysing die lied 'Ere aan God in die hoogste hemele' gesing. Hy het met blydskap en uit sy hart uit saamgesing!

" Herman was geseën met die stabiliteit van sy lewensmaat, Susan. Hy het sy kinders en sy kleinkinders geniet. Sy vriende was vir hom kosbaar. Tog het hy ook stryd en aanvegtinge geken, veral in sy laaste lewensdae op aarde. Ek vind Herman terug in die woorde van Paulus aan die Galasiërs: 'Niemand moet dit vir my verder moeilik maak nie, want ek dra al klaar die littekens van Jesus in my liggaam.' Die woorde van Paulus: 'Die genade van ons Here Jesus Christus sal by julle gees wees, broers! Amen.' " Herman Grobler, die herder by uitnemendheid, die intellektueel, die gevoelsmens, die veelsydige en geliefde vriend, die kosbare eggenoot en pa, die Nuwe Mens in Christus, begaafd en begenadig, ons eer jou nagedagtenis."

Bronne

  • (af) Van der Bijl, ds. Hennie in Vogel, ds. W. et al. 2010 Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2011. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

1934201031 Maart4 AprilGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk Potchefstroom-Oos

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WiskundeArmoedeverligtingSuid-Afrikaanse PolisiediensMorfologie (taalkunde)Industriële RevolusieIslamMiddeloorontstekingKolonoskopieFraktuurSkaakKoppeltekenWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSwart menseAarde se atmosfeerGedigPinksterPoësieEienaamAgtervoegselPornhubKapitalismeNierAnette EngelbrechtSowjetunieSharpeville-slagtingLys van kinderspeletjiesSeilvaartVulvaSamestellingKlimaatveranderingKinderregteGeelsugNapoleon BonaparteBipolêre gemoedsteuringOrtopedieGroot GatNag van die lang messeRefentse MorakeTrappe van vergelykingMasturbasieKarpaletonnelsindroomGriepPseudowetenskapMetaalSpierVingerseksGroepsgebiedewetVerkragtingMiddeleeueLys van Suider-Afrikaanse soogdiereAfrikaSeestroomC. Louis LeipoldtAalwynVennootskapKarooRumatiekRamsar-vleilande in Suid-AfrikaPlae van EgipteEuropaRooikatAdolessensieGawes van die Heilige GeesFrankrykLærdal-tonnelMondSkaapBlonde stereotipeHeelgetalBernice WestPaddaFinale OplossingSeksLionel Messi🡆 More