Hercules is ’n sterrebeeld wat na die Romeinse god Hercules (Grieks: Herakles) genoem is.
Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is die vyfde grootste van die 88 moderne sterrebeelde.
Hercules | ||||
Latynse naam | Hercules | |||
Genitief | Herculis | |||
Afkorting | Her | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 17h | |||
Deklinasie | 30º | |||
Grootte | 1 225 vk. grade (5de) | |||
Kwadrant | NQ3 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 14, 22 | |||
Helderste ster | Beta Herculis (Kornephoros) | |||
Naaste ster | Gliese 661 | |||
Sterre helderder as 3 m | 2 | |||
Sterre met planete | 14 | |||
Messier-voorwerpe | 2 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 106 | |||
Meteoorreëns | Tau Herculids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Draak, Veewagter, Noordelike Kroon, Slang se Kop, Slangdraer, Arend, Pyl, Vos, Lier | ||||
|
Hercules het geen sterre helderder as 1m nie. Daar is verskeie sterre met planete. 14 Herculis het een bevestigde en een onbevestigde planeet.
Die sterrebeeld bevat twee van die merkwaardigste bolvormige sterreswerms: Messier 13, die helderste een in die noordelike hemelruim met 300 000 sterre, en Messier 92. Die byna bolvormige planetêre newel Abell 39 kom ook hier voor. M13 is dof, maar kan op ’n helder aand met die blote oog gesien word.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Hercules (sterrebeeld), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.