Henry Ford Ii

Henry Ford II (1917–1987), ook bekend as HF2 of Hank the Deuce, was die oudste seun van Edsel Ford en die oudste kleinseun van Henry Ford.

Hy was die president van die Ford Motormaatskappy (1945–1960), voorsitter en hoofuitvoerende beampte (1960–1979) en die voorsitter vir 'n paar maande daarna. Onder sy leierskap het die Ford Motormaatskappy in 1956 'n openbaarverhandelde korporasie geword. Van 1943 tot 1950 het hy ook as president van die Fordstigting gedien.

Henry Ford II
Henry Ford II besoek Nederland in 1954.
Gebore4 September 1917
Sterf29 September 1987
Detroit, Michigan, VSA
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepPresident van die Ford Motormaatskappy
EggenootAnne McDonnell, 1940–1964 (geskei)
Maria Cristina Vettore, 1965–1980 (geskei)
Kathleen DuRoss 1980–1987 (haar dood)
KindersCharlotte, Anne, en Edsel Ford II (by McDonnell)
stiefkinders Deborah Guibord en Kimberly DuRoss (by Kathleen DuRoss)
Ouer(s)Edsel Ford
Eleanor Clay Ford

Beknopte biografie

Henry Ford II is op 4 September 1917 as die seun van Eleanor Clay Ford en Edsel Ford in Detroit, Michigan gebore. Hy en sy broers, Benson en William en sy suster Josephine, het in 'n welvarende familie grootgeword. Hy gradueer in 1939 van The Hotchkiss School en later van die Yale-universiteit, waar hy 'n personeellid van The Yale Record (die kampus se humortydskrif) was.

Toe sy pa (destyds die president van Ford) in Mei 1943 tydens die Tweede Wêreldoorlog aan kanker oorlede is, was Henry in die Amerikaanse Vloot en kon hy nie beheer van die maatskappy oorneem nie. Die bejaarde en siek Henry Ford, die maatskappy se stigter, het ingespring om uit te help, maar was nie meer in staat om die besigheid suksesvol te bestuur nie. Teen die einde van die oorlog het produksie begin daal en pres. Franklin D. Roosevelt het 'n regeringsoorname oorweeg om voortgesette produksie vir die oorlog te handhaaf, maar die idee is nooit tot uitvoering gebring nie.

Henry Ford II verlaat die vloot in Julie 1943 en word 'n paar maande later as 'n bestuurder by die maatskappy aangestel. Twee jaar later, op 21 September 1945, neem hy die maatskappy se leisels oor.

Op 1 Oktober 1982 tree Ford formeel af, nadat hy die maatskappy se verpligte aftree-oudedom van 65 bereik het. Hy is egter tot sy dood in 1987 as die maatskappy se hoogste gesag beskou.

Ford is op 29 September 1987 in die Henry Ford Hospitaal aan longontsteking oorlede. Hy was toe 70 jaar oud.

Verwysings

Tags:

Ford MotormaatskappyHenry Ford

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nasionale VrouedagAborsieBrendan PeyperWekkerLabia (geslagsdele)KondensasieTelevisieSwartbewussynsbewegingKameelperdHannes van WykSirkusBevolkingsafnameVersamelnaamDricus du PlessisVoornaamwoordArthur GrumiauxVerkoueDemografie van Suid-AfrikaSlangAandagstreepKnopiespinnekopMaagSpringbokkeVoegwoordTatoeëermerkVerantwoordelikheidTennisE-posDesmond TutuInligtingEnsiklopedieMiddelmisbruikVoorsetselLys van Joodse feeste en herdenkingsOlimpiese Somerspele 2024NagmaalOssewaVierkantswortelAntjie SomersOu Apostoliese KerkWetenskaplike metodeYstervarkSuid-AfrikaMenslike seksuele gedragDuitslandVigsNederlandsUnited Democratic FrontPropagandaAsemhalingWaterbesparing in Suid-AfrikaMisdaadSelfmoordDrakensbergeKatAarverkalkingEufemismeVoortrekkermonumentImpakte van toerismeKunsmatige intelligensieBrasiliëResensieCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaAbstraksie (rekenaarwetenskap)ToutrekHemelvaartsdagDie ontstaan van die dramaGoogle MapsSoweto-opstandLionel MessiAlkoholismeLongOranjerivierEskomAnale seksGroot vyfMagnetisme🡆 More