Henry Burton: Suid-Afrikaanse politikus en kabinetslid

Henry Burton (Kaapstad, 1866–1935) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en kabinetslid.

Henry Burton

Minister van Finansies
Ampstermyn
1920 – 1924
Eerste minister Jan Christian Smuts
Voorafgegaan deur Thomas Orr
Opgevolg deur Nicolaas Havenga
Ampstermyn
1916 – 1917
Eerste minister Louis Botha
Voorafgegaan deur David Pieter de Villiers Graaff
Opgevolg deur Thomas Orr

Minister van Spoorweë en Hawens
Ampstermyn
1913 – 1920
Eerste minister Louis Botha
Jan Christian Smuts
Voorafgegaan deur David Pieter de Villiers Graaff
Opgevolg deur Thomas Watt

Minister van Inheemse Sake
Ampstermyn
1910 – 1912
Eerste minister Louis Botha
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Barry Hertzog

Persoonlike besonderhede
Gebore 1866
Kaapstad, Kaapkolonie
Sterf 1935
Politieke party Afrikanerbond
Henry Burton: Suid-Afrikaanse politikus en kabinetslid
Genl. Jan Christian Smuts en sy kabinet in 1923. Voor: sir Thomas Watt, sen. F.S. Malan, Smuts, sir Thomas Smartt en mnr. Henry Burton. Agter: sen. Nicolaas de Wet, kol. Deneys Reitz, sir Patrick Duncan, mnr. John William Jagger en kol. Hendrik Mentz.

Hy is in Kaapstad gebore en ontvang sy skoolopleiding aan die St. Andrew-seunskool in Grahamstad. Hy word in 1892 tot die balie toegelaat en begin in Kimberley praktiseer waar hy kort voor lank welslae behaal. Weens die Jameson-inval word hy 'n vurige ondersteuner van die Afrikanerbond en word as lid van dié party in 1902 tot die Kaapse Wetgewende Raad verkies. Baie kort daarna bring Burton die regering van sir Gordon Sprigg tot 'n val op grond van die vraagstukke oor krygswet en oorlogsverliese. John X. Merriman sluit hom in by sy kabinet in 1908 as prokureur-generaal en ná Uniewording in 1910 word hy eers minister van naturellesake, later van spoorweë. Sy temperament het die spoorwegmense omgekrap en hy word oorgeplaas na die ministerie van finansies in 1920, waar hy ongewilde maatstawwe moes uitvoer. Hy tree in 1924 uit die Volksraad en sterf in 1935.

Bron

  • Rosenthal, Eric. 1978. Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town and Johannesburg: Juta and Company Limited.


Tags:

Kaapstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

1990MaatskappyAarde se atmosfeerLidwoordVergelykings (taalkunde)KlimaatveranderingPuberteitAntoniemJudaïsmeJeanette FerreiraLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsMiddelmisbruikDuitslandJaco JacobsKlankGemeenskapsorganisasieGeografie van Suid-AfrikaGezina, PretoriaKameelperdVerlede tydEk is 'n Afrikaan (toespraak)PampoentjiesMediese diagnoseLodewyk XVI van FrankrykEkonomiese sektorSuid-AfrikaVierkantswortelBestuiwingVarkgriepWorcesterDieregeluideHeupvervangingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994VennootskapKindersiektesMikro-ekonomieAfkortingMaroela MediaDoelwitWerkloosheidKlimaatsverandering in AfrikaBosvarkVoornaamwoordDwelmmiddelAnneli van RooyenHibernasieMosambiekkanaalTelwoordSpringbokKindermishandelingSeevlakstygingAtmosfeerInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandWerkwoordAfrikanerweerstandsbewegingCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaSteenkoolSonBlaarMane van GalileiRina HugoLoftus MaraisLys van Suid-Afrikaanse musikanteStadStilleweTreinMosambiekNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyKriekKlavierMonoloogTerracottaleërLongontsteking🡆 More