Henry Barber

Henry Mitford Barber (vanaf Mitford-Barberton) (Highlands, Grahamstad, 7 September 1850 – Eldoret, Kenia, 25 Mei 1920) was 'n jagter, ontdekkingsreisiger en sakeman.

Die dorp Barberton is na hom en sy broer genoem.

Henry Barber
Henry Mitford Barber.
Henry Barber
Barberton, genoem na Barber en sy broer, in die 1880's.

Barber was die jongste seun van Frederick William Barber en sy vrou, Mary Elizabeth Bowker. Nadat hy tuis onderrig is, sluit Barber hom in 1870 by sy broer Frederick Hugh Barber op die diamantvelde van Griekwaland-Wes aan, waar hy aansienlike sukses behaal, veral by die Colesberg-koppie. Aangesien hy 'n goeie jagter, 'n uitmuntende skut (hy het die veelgesogte Wimbledon-penning verower) en 'n geesdriftige natuurkenner was, doen hy later mee aan sy broer se jagtogte in die Kalahari en Matabeleland, waar hy tydens sy reise verskeie nuwe soorte vlinders ontdek het, wat later na hom genoem is.

Gedurende die jare 1873–'74 verken hy die streke Waterberg en Soutpansberg en later (1876) besoek hy Matabeleland. Eenkeer word hy deur 'n buffel by die Gwaairivier gegaffel waarna sy broer hom drie maande lank sonder hulp verpleeg. In 1884 ontdek Barber en sy broer Fred winsgewende gouderts op staatsgrond in die De Kaap-vallei in die indertydse Oos-Transvaal en die dorp Barberton word na hulle genoem.

Toe goud aan die Witwatersrand ontdek word, vergesel hy sy broer na dié gebied waar hulle die eerste skag op die Rand grawe en by die stigting van die Ferreira-mynmaatskappy betrokke is. Barber word ook 'n direkteur van die Delagoabaai-beleggingsmaatskappy. In 1912 emigreer hy na Kenia, waar hy verskeie plase koop en koffie op groot skaal aanplant.

Barber was 'n ywerige sportman en 'n geharde pionier met 'n wye kennis van suidelike Afrika en bedeeld met 'n gesellige, selfstandige en vreeslose geaardheid, volgens J.T. Leverton in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek.

Hy trou in 1894 met Mary Layard Bowker en hulle het vier seuns, van wie Ivan Mitford-Barberton, die beeldhouer, in Houtbaai gewoon het. In 1916 verander hy sy van na Mitford-Barberton.

Bronne

Tags:

1850192025 Mei7 SeptemberBarbertonEldoretGrahamstadKenia

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BloedsomloopstelselGeelsugShakaLN.P. van Wyk LouwSeptimius AwardsKrieketMiddeloorontstekingWolfBeurtkragBruin menseNoord-KaapStikstofGrondbewerkingLys van landeVraag en aanbodConsolidated B-24 LiberatorKeramiekKunselementeApartheidReënvalbepaling23 AprilBlack SashNiemetaalTafelbergRefentse MorakeKMaselsErektiele disfunksieWeeluisOrthopteraVryheidsdagWikipediaGeslagNatuurwetenskapCarles PuigdemontAngina pectorisLys van chemiese elemente volgens atoomgetalLyfstraf in skoleMosesLeierJudaïsmeSirkelEmfiseemLys van Nederlandse skildersStaalMIV/vigs in Suid-AfrikaToestand van materieVoëlAluminiumCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaJohannesburgPinksterVersoeningsdagSlaginstrumentVulkaanWet op Bantoe-onderwysPad na jou hartOos-KaapKonjunktivitisAvbobFabelHokkieSendelingposisieJaco JacobsAgtervoegselVigsMensKinkhoesThys die BosveldklongMenseregtedagVaste stofSlangYstertydperkGriekwa-AfrikaansEerste Wêreldoorlog🡆 More