Henri Georges Fourcade

Henri Georges Fourcade (Bordeaux, Frankryk, 10 Julie 1865 – Witelsbos, Tsitsikamma, 19 Januarie 1948) was ‘n Suid-Afrikaanse landmeter, bosbouer en plantkundige.

Henri Georges Fourcade
Henri Georges Fourcade
Gebore 10 Julie 1865
Bordeaux, Frankryk
Oorlede 19 Januarie 1948 (op 82)
Witelsbos, Tsitsikamma
Blyplek Frankryk, Japan, Suid-Afrika
Vakgebied Opmeting, Bosbou, Fotogrammetrie, Plantkunde
Handtekening Henri Georges Fourcade

Fourcade het as tiener na Suid-Afrika gekom en word in Kaapstad as landmeter opgelei. Aangesien sy ouers in Frankryk was, tree Comte M. de Vasselot, die Superintendent van Woude en Bosse in die Kaapkolonie, as sy mentor op. Fourcade begin in 1883 werk by die Departement Bosbou en teken topografiese kaarte van die Outeniqua- en Tsitsikammastreke vir bosboudoeleindes. Vir hierdie doel ontwikkel hy die modernste landmeetkundige apparate en metodes.

Fourcade het ‘n komplekse persoonlikheid gehad. Hy was ‘n alleenloper met ‘n afsydige en meerderwaardige houding en ‘n eksentrieke wetenskaplike. Nogtans word hy beskryf as ‘n intellektuele reus en een van die groot innoverende denkers van sy tyd. Vir die Carnegie Kommissie ondersoek hy die armblanke-vraagstuk in die Tsitsikamma, lê die kernoorsake bloot en gee uitstekende voorstelle vir die opheffing van die probleem.

Weens sy swak menseverhoudinge word hy vir die pos van landmeter-generaal van die Kaapkolonie oor die hoof gesien. Gevolglik bedank hy in Februarie 1905 na 22 jaar uit die diens van die Bosboudepartement. Hierna besit hy ‘n plaas, ‘n saagmeul en ‘n winkeltjie. Tydens die Eerste Wêreldoorlog doen hy goeie sake en word ryk.

In 1920 nader prof. Selmar Schönland van die Universiteit van Rhodes hom om deel te neem aan die botaniese opname van Suid-Afrika. Met groot geesdrif het Fourcade homself in die nuwe vakgebied ingegrawe. Outeniekwaland, Langkloof, Uniondale en die Tsitsikamma, ‘n gebied van 14 000 vk. km., sou sy werkterrein wees. Hy bestudeer die plantkunde en Latyn om sy eie monsters te kon identifiseer. Dr. Louisa Bolus van die Bolus Herbarium (by die Universiteit van Kaapstad) en ander wêreldbekende plantkundiges word sy kennisse, besoek self dikwels Kew Gardens en ook hy word internasionaal bekend. So word Witelsbos beskou as bron van ‘n groot verskeidenheid plante.

Hy pas sy kennis van die landmeetkunde in sy beroep as plantkundige toe. In 1936 het hy nog verbeterde stereografiese apparaat ontwerp om akkurate lugfoto’s te neem. In die 1920’s het hy selfs patentregte op van sy tegniese uitvindings geregistreer.

Daar is 28 plante met die Latynse spesienaam fourcardei na hom genoem. Tussen al die duisende monsters wat hy versamel het, was 72 plante wat nog nie voorheen geïdentifiseer is nie.

Plantkundiges het groot waardering vir sy werk en sy erns en deeglikheid gehad. Rhodes Universiteit en die Universiteit van Kaapstad het ere-doktorsgrade aan hom toegeken.

Die standaard skrywerafkortings Fourc. word gebruik om Henri Georges Fourcade as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam vermeld word.

Sien ook

Bibliografie

Tags:

10 Julie186519 Januarie1948BordeauxFrankrykPlantkundigeSuid-AfrikaTsitsikamma

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SuiwelprodukNiersteenUniversiteit StellenboschKoppeltekenAppelblaarStuitjieVolumeOosters-Ortodokse KerkKangaroeDuitse maselsMenslike skeletPolisieMielieWes-KaapPuberteitOlifantOlimpiese godeDanie du ToitBernice WestVerkoueBoomSowjetunieMaanSonsverduisteringSuid-Afrikaanse PolisiediensKompasBipolêre gemoedsteuringBywoordHelm (geboorte)NieuwoudtvilleEikelKriekBateSkilpadMiddeloorontstekingWortelMaroela MediaSkoenlapperRacheltjie de BeerSeksMarsPornografiese subgenresLys van nedersettings in Suid-AfrikaHeupAfrikaanse WikipediaAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeAppel (sanger)EDonker materieAardbewingVolkekundeBatmanGawes van die Heilige GeesKunsNelson MandelaKopieregSkrikkeljaarRugbywêreldbeker 2023SuikersiekteOos-KaapRam (sterreteken)HorlosieAnneli van RooyenBrasiliaanse nasionale rugbyspanDie Stem van Suid-AfrikaBorskankerLys van elemente volgens simboolDeelstate van die Verenigde State van AmerikaAfrikaanse Hoër Seunskool🡆 More