Hennie Jacobs (gebore 20 Junie 1981) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, musikant, sanger, komediant en liedjieskrywer.
Hennie Jacobs | |
Geboorte | 20 Junie 1981 Pretoria |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Kinders | 2 |
Beroep(e) | Akteur Sanger Musikant Komediant |
Aktiewe jare | 2001 – nou |
Hennie Jacobs is gebore as die seun van Francois en Esther Jacobs op 20 Junie 1981 in Pretoria, provinsie Transvaal (nou Gauteng) van Suid-Afrika.
Jacobs het in Pretoria grootgeword en is die jongste van drie kinders (hy het 'n ouer broer en suster). Nadat hy in 1999 aan die Hoërskool Waterkloof in Pretoria gematrikuleer het, studeer hy aan die Universiteit van Pretoria vir 'n BComm-graad (Hotel en Toerismebestuur). In 2001 studeer hy Drama aan Technikon Pretoria, nou bekend as Tshwane Universiteit vir Tegnologie, waar hy in 2003 'n Baccalaureus Technologiae in Drama ontvang.
In November 2008 was Jacobs en sy verloofde, Marissa Vosloo, die slagoffers van 'n motorkaping by 'n vulstasie by Paulshof in die noorde van Johannesburg. Die kaper het die egpaar met 'n 9 mm-pistool gedreig en hul voertuig geroof. Niemand is beseer nie.
Op Saterdag 6 Desember 2008 is Jacobs en Vosloo in die bos getroud in 'n bruilof met 'n Shebeen-tema. Hul eerste dogter, Nua Audrey Esthe Jacobs, is op 22 Januarie 2010 gebore. Hul tweede dogter, Tali Anah Ella Jacobs, is op 14 Maart 2013 gebore.
Jacobs het in November 2006 die rol van Diederik Greyling in 7de Laan begin vertolk. 7de Laan is 'n Afrikaanse sepie met enkele Engelse en Zoeloe-dialoog en Engelse onderskrifte.
In samewerking met SABC het 7de Laan in 2019 'n bekende storielyn vir Jacobs se karakter Diederik ontwikkel. Diederik het 'n vliegtuigongeluk oorleef, waarin hy beseer is. Hy het verslaaf geraak aan dwelms en het MIV opgedoen. Die werklike dokter Sindi van Zyl het haarself uitgebeeld deur Driederik se dokter te speel. Die 7de Laan MIV-bewusmakingsveldtog is van stapel gestuur omdat Suid-Afrika 'n MIV-epidemie het as gevolg van 'n gebrek aan opvoeding en misleide opvattings oor die siekte.
Jacobs se laaste verskyning op 7de Laan was op Donderdag 23 April 2020 waar Jacobs se karakter, Diederik, die stel verlaat toe hy besluit om die plaas oor te neem by sy pa wat blind word, na jare in die fiktiewe Hillside in die stad.
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
2001 | Noises Off | Lloyd Dallas | Wen Beste Byspeler by Tshwane Universiteit vir Tegnologie |
2002 | Maid in the New South Africa | Mr James | Wen Beste Akteur by Tshwane Universiteit vir Tegnologie |
2005 | Karla en die Kersknol | Kabaret | |
2005 | Dames en Here | Flasher | Benoem as Beste Akteur Aardklop Nasionale Kunstefees |
2007 | Stok Voort! | homself | Gebaseer op Stomp (teaterstuk) |
2007 | Valley Song | Buks | |
2008 | Sy het 'n ding oor liefde | Garn | |
2009 | Bloedbroers | Morris | |
2010 | Vrydag is Skeidag | Boef | |
2011 | Amper | Maks | |
2011 | Buurtwag | Assistent-regisseur | |
2012 | "Master Harold" en die boys | Hally | |
2012 | Die geval van die mal huisvrou | Gert | |
2013 | Die buite-egtelike oupa | Dr Jeff Johnson | |
2014 | Love Letters | Andrew Makepeace Ladd III | |
2014 | Boeing Boeing | Robert | Benoem as Beste Akteur by die Kyknet Fiesta toekennings |
2016 | Die twee susters | Masha | |
2017 | Manne | Barend | |
2018 | STOK | himself |
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
2005 | Song vir Katryn 2 | Journalis | |
2005 | Dryfsand 1 | Carlse | |
2006 - 2020 | 7de Laan | Diederik Greyling | Hoofakteur (2006 - 2020). Benoem as Beste Byspeler by die South African India Film and Television Awards in 2013. Wen Beste Byspeler by die Royalty Soapie-toekennings in 2014. |
2015 | Pantjies Winkel Stories | Pieter |
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
2007 | Poena is Koning | Deon |
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
2012 | Soen | homself | |
2013 | Net vir nou | homself | |
2014 | Dit is die land | homself | |
2015 | Wolraad Woltemade | homself | |
2017 | Lyflam | homself |
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
2008 | Dis hoe dit is met Steve | homself | |
2013 | Toks 'n Tjops | homself | |
2015 | Noot vir Noot Seisoen 40 | homself |
Jaar | Titel | Platemaatskappy | Notas |
---|---|---|---|
2006 | Chilli Confessions | ||
2013 | Velcrohart | Vonk Musiek | |
2014 | Dit Is Die Land | Vonk Musiek | |
2017 | Lyflam | Vonk Musiek |
Jaar | Album | Liedjie | Notas |
---|---|---|---|
2012 | Musiek vir die Langpad Vol.12 | Soen | |
2013 | KykNET Musiek - Dis Mos Musiek | Soen | |
2013 | Bok Radio Top 40, Vol. 2 | Soen | |
2014 | Afrikaans Is Groot - Vol.7 | Dit Is Die Land | |
2014 | Liefde Gaan Groot - Vol.2 | Net vir jou | |
2015 | Bok Radio Top 40, Vol. 4 | Wolraad Woltemade | |
2015 | Dis Afrikaans | Wolraad Woltemade | |
2015 | Afrikaans Is Lekker | Dit Is Die Land | |
2016 | Die Grootste Afrikaanse Sokkie Vol.11 | Peanut Butter En Stroop | |
2016 | Treffer Na Treffer Vol.8 | Smoor Verlief |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Hennie Jacobs, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.