Hendrik Swellengrebel

Hendrik Swellengrebel (Kaapstad, 20 September 1700 – Utrecht, 26 Desember 1760) was die eerste en enigste VOC-goewerneur van die Kaapkolonie wat plaaslik gebore is.

Hendrik Swellengrebel

Goewerneur van die Nederlandse Kaapkolonie
Ampstermyn
14 April 1739 – 27 Februarie 1751
Voorafgegaan deur Daniël van den Henghel
Opgevolg deur Ryk Tulbagh

Persoonlike besonderhede
Gebore 20 September 1700
Kaapstad, Kaapkolonie
Sterf 26 Desember 1760 (op 60)
Utrecht, Nederland
Eggenoot/-note Helena Wilhelmina ten Damme

Swellengrebel was die oudste seun van Johanna Cruse (5 Februarie 1682, Kaapstad – 19 Mei 1713, Kaapstad) en Johannes Swellengrebel (geb. 17 Mei 1671, Moskou, Rusland). Hy het twee broers, Hieronimus en Johannes Balthasar, en twee susters, Elisabeth en Johanna Catharina gehad. Hy is op 15 Julie 1727 in die Kaap met Helena Wilhelmina ten Damme getroud.

Swellengrebel was goewerneur van 1739 tot 1750. Die dorp Swellendam in die Wes-Kaap is na hom en sy vrou, Helena Wilhelmina ten Damme (1706–1746) genoem. Swellengrebel en Helena Wilhelmina het drie dogters, Johanna, Helena, en Claudia Constantia (geb. 1739), en 'n seun, Ertman Balthasar (geb. 1742), gehad. Tydens die terugreis vanaf die Kaap na Texel hou die twee oudste dogters 'n dagboek wat sover bekend die enigste dagboek van 'n reis tussen die Kaap en Nederland was ten tye van de VOC (1602–1795) wat deur vroue geskryf is en bewaar is gebly het. Ná Helena Wilhelmina ten Damme se aftwerwe op redelik jong ouderdom, is Swellengrebel ná sy verhuising na Nederland weer getroud, met Helena van Ruyven.

In 1750 is hy as goewerneur opgevolg deur Ryk Tulbagh, wat getroud was met Hendrik se suster Elizabeth. Nog 'n suster, Johanna, was getroud met ds. Fanciscus le Seuer, Kaapse predikant van 1729 tot 1746.

Bronne

  • (af) Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.

Sien ook

Verwysings

Voorafgegaan deur
Daniël van den Henghel
Goewerneur van die Kaap de Goede Hoop
14 April 173927 Februarie 1751
Opgevolg deur
Ryk Tulbagh

Tags:

1700176020 September26 DesemberGoewerneurKaapkolonieKaapstadUtrecht (munisipaliteit)VOC

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KleinkolmuskeljaatkatNatuurlike satelliete van kleinplaneteWiskundeJerusalemSeksHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalDansKewerBreinLikkewaanTandbederfMenslike penisgrootteAfrikaanse Hoër SeunskoolHadjMediaWikiHoofpynJohannesburgIndiëDie Stem van Suid-AfrikaAgter Elke ManLika BerningMosambiekGodByeboerderyGNU-lisensie vir vrye dokumentasieBipolêre gemoedsteuringVlag van BangladesjSteenkoolDuitse maselsVier temperamenteKlem-in-die-kaakDuitslandRenier van RooyenVergelykings (taalkunde)Jan BloukaasDroogtePoesSiberiëRugbywêreldbeker 1987NierversakingSerafín DengraMensEngelsBaarmoederTuisbladHennie MaasInstagramAswoensdagPsigopatieEuropese UnieParysDonderstormBeroerteOrtopedieErfenisDemi Lee MooreAndré SchwartzHekserySuid-Afrikaanse InkomstediensKatRussiese inval in Oekraïne sedert 2022VaginaCecil John RhodesKoorsblaarKoppeltekenAntoniemBelgiese gewesteTikTokAnnelize van der RystDanie du ToitEierleierPtolemeusSkarlakenkoorsDerrickGoogle Maps🡆 More