Hendrik J. Botha

Hendrik J.

Botha is ’n Afrikaanse digter.

Lewe en werk

Hendrik J. Botha is in 1958 gebore en word groot op Westonaria aan die Wes-Rand. Hy matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Gimnasium in Potchefstroom en studeer daarna in die medisyne aan die Universiteit van Pretoria. Na sy internskap en verpligte militêre diensplig is hy ’n algemene praktisyn in Louis Trichardt (tans Makhado). In 1993 vestig hy hom in Bloemfontein en spesialiseer in narkose, waarna hy vanaf 1997 as narkotiseur praktiseer, eers in Klerksdorp en vanaf 2011 in Pretoria. In 2011 skryf hy in vir die M.A.-graad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad, ’n graad wat hy onder leiding van Joan Hambidge in 2013 met lof behaal. Sy mini-verhandeling wat hy as deel van die kursus indien handel oor “Dokters as digters in die Afrikaanse letterkunde”, terwyl die praktiese vereistes van die graad die gedigte is wat later as “Atropos” gebundel word. Hy woon op ’n kleinhoewe aan die oostekant van Pretoria.

Skryfwerk

Hy debuteer met die digbundel “Atropos”. Die titel word verduidelik in die gedig “Lotsbestemming” en verwys na die Griekse mitologie, terwyl die voorbladontwerp ten nouste daarmee saamhang. Zeus se drie dogters Clotho, Lachesis en Atropos beskik oor die mens se lewensdraad: Clotho spin die draad, Lachesis wys dit ewekansig toe en Atropos knip dit willekeurig af. Die gedigte word in ses afdelings verdeel met temas wat behandel word wat insluit herinneringe aan die jeug en verlede; verganklikheid, soos dit veral in die hospitaal ervaar word; liefdesgedigte; herinneringe aan ’n Namibiese plaas; en ’n sterfproses. Die verse munt uit in duidelike segging in ’n klinkklare styl.

Publikasies

Jaar Publikasies
2015 Atropos

Bronnelys

Internet

Resensies

Tags:

Hendrik J. Botha Lewe en werkHendrik J. Botha SkryfwerkHendrik J. Botha PublikasiesHendrik J. Botha BronnelysHendrik J. BothaAfrikaansDigter

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KlerePlae van EgipteHeelgetalWhatsAppGeelsugKonsentrasiekampNkosi Sikelel' iAfrikaSebraHolocaustVigsSkoolNaaldekokerMangelontstekingKookpuntLettergreepLianie MayAlkoholismeLeeuDesmond TutuLugbesoedelingAllan BoesakMonopolieHemelvaartJavaScriptRobbeneilandPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSkaakBelvidere Holy Trinity-kerkVaste stofKatGrootste rampe in Suid-AfrikaWynand StrydomReënBaälLys van nedersettings in Suid-AfrikaFrankrykGreen PornoLys van Suid-Afrikaanse musikanteNG gemeente JansenvilleBobby AngelRooilipslangTrevor NoahSkerpioenSeksuele penetrasieEkonomiese sektorSekondêre sektor van die ekonomieErfenisdag (Suid-Afrika)Groot vyfNarsistiese persoonlikheidsteuringByvoeglike naamwoordJan CombrinkHeuningGNU/FDL-lisensieUitwerking van klimaatsveranderingMadison IvyOrgasmeGodInstagramDeon MeyerLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsHipoteseAfrikanersVulvaSarel Jacob PretoriusVoëlgriepAdolf HitlerBloedingBosvarkGalileo GalileiRefentse MorakeBreingewasGeslagMiddelmisbruikGalblaasJakobSeksuele stimulasieJan van Tonder🡆 More