Hemera (Grieks: Ἡμέρα) was in die Griekse mitologie een van die eerste of oergode.
Sy was die verpersoonliking van die dag en volgens Hesiodus die dogter van Erebos en Nyx (Nag). Hyginus sê egter in sy voorwoord tot die Fabulae dat Chaos haar vader/moeder was en Nyx haar suster.
Hemera | |
---|---|
Griekse oergodin | |
Hemera, deur William-Adolphe Bouguereau (1881) | |
Naam | Hemera |
Godin van | Die dag |
Man | Eter |
Ouers | Erebos en Nyx |
Broer | Eter |
Kinders | Talassa |
Romeinse eweknie | Dies |
Sy was die vroulike eweknie van haar broer en man, Eter (Lug), maar nie een van hulle kom dikwels voor in mites of kultusse nie. Volgens Hyginus is haar kinders Uranos, Gaia en Talassa, terwyl Hesiodus net Talassa noem. Volgens die Teogonie verlaat Hemera Tartaros net wanneer Nyx dit binnegaan, en omgekeerd (as simbool van die wisselwerking tussen dag en nag).
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Hemera, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.