Hemelvaartsdag: Dag wat Christene vier

Op Hemelvaartsdag (Latyn: Ascensionis Domini) vier Christene dat Christus ná die kruisiging en opstanding in die hemel opgevaar het (vir verdere inligting rakende die godsdienstige betekenis van die dag, sien Hemelvaart).

Hemelvaartsdag val op die veertigste dag gereken vanaf Eerste Paasdag, wat veroorsaak dat die datum elke jaar anders is. Hemelvaartsdag val wél altyd op 'n Donderdag. Hemelvaartsdag val tien dae vóór Pinkster.

Hemelvaartsdag: Dag wat Christene vier
Christi Himmelfahrt, skildery deur Gebhard Fugel, ca. 1893
Hemelvaartsdag: Dag wat Christene vier
Voorstelling van die hemelvaart deur Giotto di Bondone

In baie lande, waaronder België, Colombia, Denemarke, Duitsland, Finland, Frankryk, Groenland, Haïti, Ysland, Indonesië, Liechtenstein, Luxemburg, Madagaskar, Namibië, Nederland, Noorweë, Oostenryk en Switserland, is Hemelvaartsdag 'n vakansiedag in die middel van die week. Daarom word die Vrydag daarna ook "Vaak Vry" genoem. Baie Christene sal ook 'n kerkdiens of mis besoek op hierdie dag. In ander lande, byvoorbeeld Hongarye, Italië, Pole, Portugal en Spanje, gaan mense kerk toe op die Sondag ná Hemelvaart.

In vroeëre jare het mense op Hemelvaartsdag al teen drie uur snags opgestaan om al singend kaalvoet oor gras te loop, omdat hulle geglo het dat dit 'n ritueel is wat magiese en genesende uitwerkings sou hê. Dit word doutrap genoem.

Datum

Die vroegste moontlike termyn volgens die Gregoriaanse kalender is 30 April en die laaste moontlike is 3 Junie. In die Juliaanse kalender, wat veral deur die Oosters-Ortodokse Kerke gebruik word, verskil dié datum effens.

2000–2010
Jaar Weste Ooste
2000 1 of 4 Junie 8 Junie
2001 24 of 27 Mei
2002 9 of 12 Mei 13 Junie
2003 29 Mei of 1 Junie 5 Junie
2004 20 of 23 Mei
2005 5 of 8 Mei 9 Junie
2006 25 of 28 Mei 1 Junie
2007 17 of 20 Mei
2008 1 of 4 Mei 5 Junie
2009 21 of 24 Mei 28 Mei
2010 13 of 16 Mei
2011–2021
Jaar Weste Ooste
2011 2 of 5 Junie
2012 17 of 20 Mei 24 Mei
2013 9 of 12 Mei 13 Junie
2014 29 Mei of 1 Junie
2015 14 of 17 Mei 21 Mei
2016 5 of 8 Mei 9 Junie
2017 25 of 28 Mei
2018 10 of 13 Mei 17 Mei
2019 30 Mei of 2 Junie 6 Junie
2020 21 of 24 Mei 28 Mei
2021 13 of 16 Mei 10 Junie
2022–2032
Jaar Weste Ooste
2022 26 of 29 Mei 2 Junie
2023 18 of 21 Mei 25 Mei
2024 9 of 12 Mei 13 Junie
2025 29 Mei of 1 Junie 29 Mei
2026 14 of 17 Mei 21 Mei
2027 6 of 9 Mei 10 Junie
2028 25 of 28 Mei
2029 10 of 23 Mei 17 Mei
2030 30 Mei of 2 Junie 6 Junie
2031 22 of 25 Mei
2032 6 of 9 Mei 10 Junie

Sien ook

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansHemelvaartsdag: Dag wat Christene vier  Wiki Commons het meer media in die kategorie Hemelvaartsdag.
  • (en) "Ascension". Encyclopædia Britannica. Besoek op 12 Januarie 2019.

Tags:

ChristenChristusHemelvaartKruisigingLatynPinkster

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PsigopatieVerenigde State van AmerikaSkaapPenisverlengingAndré SchwartzHondeklipbaaiRefentse MorakeNazi-DuitslandEuropese Suidelike SterrewagPoleTropiese sikloonBosluisbytkoorsLys van chemiese elemente volgens atoomgetalDuitse maselsTweede WêreldoorlogRussiesSuid-Afrikaanse randAnilingusAKlem-in-die-kaakFritz WepperOnse VaderSkilpadIndustriële RevolusieFredi NestBelgiëAnglo-BoereoorlogHernubare energieHoofstadAasblomWoordeboek van die Afrikaanse TaalE-posOopbroninhoudKoöperasiestoriesProvinsies van Suid-AfrikaSleurkragJan BloukaasFinlandOssewaLettergreepByvoeglike naamwoordTuberkuloseJodeVaginale kankerOrgasmeWitbloedselDassievoëlSamsung GroepProstaatklierSlag van BloedrivierIerse nasionale rugbyspanDemokrasieSpookvoëlNoord-KaapSmaakRynhesseLys van Suid-Afrikaanse skrywersNarsismeStrandbeestHartversakingPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSendelingposisieOrganometaalchemieDrie SusterskerkeOpgestopte speelgoedAfrikaanse naguilWet op NaturellengrondLys van kleurePornografiese subgenres🡆 More