Helen Joseph

Helen Beatrice May Fennell (8 April 1905 - 25 Desember 1992) is in Sussex, Engeland gebore.

Sy het in Londen grootgeword saam met haar ouers en broer, Frank. Sy behaal 'n graad in Engels aan die Universiteit van Londen in 1927. Daarna het sy vir drie jaar in Indië, by Mahbubia Skool, 'n skool vir meisies in Hyderabad, gestudeer. Sy het in 1930 na Suid-Afrika verhuis, en haarself in Durban gevestig, waar sy getroud is met 'n tandarts, Billie Joseph.

Helen Joseph
Helen Joseph
Helen Joseph in 1941
Gebore
Helen Beatrice May Fennell

8 April 1905
Midhurst, Sussex, Engeland
Sterf25 Desember 1992 (op 87)
NasionaliteitVlag van Engeland Engeland
BeroepMaatskaplike werker en politieke aktivis.
Bekend virDie Vroue-optog van 9 Augustus 1956
Helen Joseph
Graf van Helen Joseph en Lilian Ngoyi in Soweto

Ná die Tweede Wêreldoorlog het sy 'n pos by die Klerewerkersunie (GWU) aanvaar, waar sy onder die invloed van Solly Sachs, Johanna Cornelius en Anna Scheepers gekom het. Helen was 'n stigterslid van die Congress of Democrats (COD), en nasionale sekretaresse van die Federasie van Suid-Afrikaanse Vroue (FEDSAW) in die 1950's.

In 1955 was sy een van die leiers wat die klousules van die Vryheidsmanifes by die Congress of the People in Kliptown gelees het. Die Vroue-optog op 9 Augustus 1956 was een van die mees onvergeetlike oomblikke van haar roemryke politieke loopbaan, aangesien sy een van die belangrikste organiseerders van die protes was.

Sy is in Desember 1956 in hegtenis geneem op 'n klag van hoogverraad, en in 1957 verban. Helen se lewe het 'n lang sage van polisievervolging gehad. Sy was die eerste persoon wat in 1962 onder huisarres geplaas is, en sy het verskeie sluipmoordpogings oorleef.

Joseph is met kanker gediagnoseer in 1971, en haar inperkingsbevelle is vir 'n kort tyd opgehef, voordat dit weer vir twee jaar in 1980 heringestel is. Joseph is op 25 Desember 1992 in Johannesburg oorlede.

Helen Joseph het die ANC se hoogste toekenning, die Isitwalandwe/Seaparankoe-medalje, vir haar toewyding aan die vryheidstryd teen apartheid ontvang.

Straat- en Plekname

Helen Josephstraat (voorheen Kerkstraat, vanaf Nelson Mandelarylaan tot by Kerkplein) in Pretoria is in 2012 na haar genoem.

Die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg, 'n koshuis by die Rhodes-universiteit, Grahamstad, en 'n pad in Rustenburg is ook na haar genoem.

Verwysings

Tags:

190519271930199225 Desember8 AprilDurbanEngelandEngelsIndiëLondenSussexUniversiteit van Londen

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Small HandsAborsieVolksrepubliek ChinaWekkerLongHemelvaartDagroofvoëlsPrince Alfred HamletSeptimius PicturesIngenieursweseEwenaarGautengHeupYslandPieter DuvenageNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaRefentse MorakeMusieksimboleBaardskeerder-spinnekopHannes van WykLeeuGoogle MapsEngelandDiatomiese molekuulOnderhandelinge om apartheid te beëindigSwawelVarkLegendePapierBobbejaanRolprentTweede WêreldoorlogSkemerLys van ingelyfde NG gemeentesVeelvoudige sinSpaansAfrikaansSiya KolisiRobert SobukweMusiekFranse RewolusieSeptimius FundVerkleurmannetjieISimangaliso-vleilandparkPaasfeesHennie MaasBraaiReënspinnekopKrugerwildtuinJo BlackGlenys LynneMeningsverskil oor aardverwarmingKankerByeboerderyFransVerdampingAt BothaKonjunktivitisDrinkwatervoorsieningPierre GaslySewe wonders van die wêreldBlourokkeDataverwerkingKonsentrasiekampKatKoraalrifSimboolKortverhaalDoopYouTubeDrie SusterskerkeOmgewingskwessies in Suider-AfrikaKunsmatige algemene intelligensieShakaFinale Oplossing🡆 More