Hekla

Die Heklavulkaan is die bekendste vulkaan van Ysland.

Dit is in die suide van die eiland geleë en bereik 'n hoogte van 1 488 meter bo seevlak. Die sneeubedekte Hekla is naas Grímsvötn die aktiefste vulkaan in Ysland en was in die volksmitologie tot die 17de eeu as 'n poort na die hel beskou nadat dit net in die tydperk van 1104 tot 1693 twaalf keer uitgebars en verwoesting gesaai het. Die grootste uitbarsting van die 20ste eeu het in 1947 plaasgevind, en vulkaanas is destyds tot by die Finse hoofstad Helsinki gewaai. Die laaste uitbarsting is in April 2010 aangeteken.

Hekla
Hekla
Ligging Suid-Ysland
Hoogte 1 488 meter bo seevlak
Reeks Heklamassief
Koördinate 63°58′48″N 19°42′0″W / 63.98000°N 19.70000°W / 63.98000; -19.70000 19°42′0″W / 63.98000°N 19.70000°W / 63.98000; -19.70000
Bergtipe Skild-/stratovulkaan
Laaste uitbarsting 19 April 2010
Eerste bestyging 1750
Eerste bestyger(s) Eggert Olafsson
Bjarni Palsson

Daar word aangeneem dat ook die Ierse monnik Sint Brendan, wat in die 8ste eeu langs die Yslandse kus geseil het, ooggetuie van een van Hekla se uitbarstings was.

Vulkanologies gesien, is Hekla 'n verskynsel tussen 'n skild- en stratovulkaan, wat tans veral in die laasgenoemde rigting ontwikkel en uit vyf kraters bestaan. Hekla het vermoedelik sowat 6 600 jaar gelede of nog vroeër ontstaan, en maak deel uit van 'n 40km-lange vulkaanrif.

Uitbarstings is aangeteken in 1104, 1158, 1206, 1222, 1300, 1341, 1389, 1510, 1597, 1636, 1693, 1766, 1845, 1947, 1970, 1980, 1991, 2000 en 2010.

Verwysings

Tags:

1104169317de eeu1947201020ste eeuAprilFinlandHelsinkiVulkaanYsland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KewerMoedersdagHorlosiePoësieLandbouDieregeluideMikro-ekonomieKlawers (speelkaarte)LourensrivierPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaRicus NelTaylor SwiftAntoniemKorrupsieAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidLys van Afrikaanse televisiereekseAfrikaanse TaalmonumentHemelBesemMenseregtedagDieretuinSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SuiwelprodukSekondêre sektor van die ekonomieDawidVoornaamwoordAnton GoosenBynierTierLikkewaanSeksueel oordraagbare infeksieBloedsomloopstelselLuislangeSarel Jacob PretoriusSteenkoolKoos BekkerWhatsAppRuan PienaarMauritiusSwaweldioksiedJana CilliersAprilNatuurbewaringUitwerking van klimaatsveranderingMichael JacksonSwitserlandInflasieTennisWikimedia-stigtingVaginaNeurenberg-verhoreByeboerderyBonné de BodGoogleOnomatopeeRookgewoonteDuitslandAfleiding (taalkunde)KrieketGeestesgesondheidBreingewasTradisionele literatuurWatersuiweringSeksismeKlein vyf diereKoggelmanderWalt DisneyPapierPeach van PletzenKwaggaNommertekenAce MagashuleVolhoubare ontwikkelingMenslike skeletOnse VaderShakaOntbossingPsigopatieAlice MunroWêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika🡆 More