Hector Pieterson

Hector Pieterson (19 Augustus 1963 – 16 Junie 1976) het die Soweto-opstand van 1976 teen Apartheid verbeeld nadat 'n foto, geneem deur Sam Nzima, van die sterwende Hector wat deur 'n medeskolier gedra word dwarsoor die wêreld gepubliseer is.

Hy is op 12-jarige ouderdom deur 'n dwaalkoeël getref en sterf nadat die polisie op betogende skoliere gevuur het. Hector het self blykbaar nie aan die betogings deelgeneem nie. Vir jare was 16 Junie (tans Jeugdag, 'n openbare vakansiedag in SA) een van die mees simboliese dae van die stryd teen apartheid.

Hector Pieterson
Die Hector Pieterson-museum
Hector Pieterson
Die plek in Soweto waar Hector Pieterson na bewering deur die polisie geskiet is huisves nou 'n gedenkteken
Hector Pieterson
Die Hector Pieterson-gedenkteken in Orlando-Wes, Soweto
Hector Pieterson
Hector Pieterson se graf op die Avalon-begraafplaas in Soweto

Daar bestaan 'n algemene opvatting dat Hector die eerste kind was wat op daardie dag geskiet is, maar eintlik was dit Hastings Ndlovu, maar sý dood is deur geen fotograaf op film vasgelê nie en hy het nooit baie bekend geword nie. Toe Hector geskiet is en neergeval het op die hoek van Moema- en Vilakazistrate, is hy opgetel deur Mbuyisa Makhubo (toe 18 jaar oud), 'n medeskolier, wat saam met Hector se suster Antoinette (toe 17) in die rigting van Mzima se motor gehardloop het, waarmee hy na 'n nabygeleë kliniek gehaas is waar hy dood verklaar is. Beide Mbuyisa en Mzima is na die tyd deur die polisie geteister en moes hulle telkens ontduik. Mbuyisa se moeder het aan die Waarheids- en Versoeningskommissie vertel dat sy in 1978 'n brief van Mbuyisa uit Nigerië ontvang het maar sedertdien niks van hom gehoor het nie. Beide Hector Pieterson en Hastings Ndlovu lê begrawe in die Avalon-begraafplaas in Soweto.

Pitso of Petersen of Pieterson

Sedert Junie 1976 is Hector se van as Petersen in die pers gespel, maar die familie het aangedring daarop dat die korrekte spelling Pieterson is. Die Pietersonfamilie het oorspronklik Pitso geheet, maar het 'n Afrikaanse van aangeneem in 'n poging om as Kleurlinge geklassifiseer te word.

Omstrede hofsaak

Op 9 Augustus 2002 stel die Amerikaanse prokureur Ed Fagan 'n $50-miljard regsgeding namens die slagoffers in teen groot maatskappye wat die regering ondersteun het. Onder die eisers was Dorothy Molefi, Hector se ma. Die Suid-Afrikaanse regering, sowel as Nelson Mandela, Thabo Mbeki en Desmond Tutu het hulle hiervan gedistansieer. Fagan is bekend vir 'n string vals regsake wat hy oor menseregte-kwessies aanhangig gemaak het om maatskappye tot skikkings te dwing. Die saak is in 2004 uit die hof gegooi.

Hector Pieterson-museum

Die Hector Pieterson-museum het op 16 Junie 2002 die eerste museum geword om in Soweto te open. Dit huisves onder andere inligting oor wat tydens die Soweto-opstand gebeur het. Die museum is in Kumalostraat, Orlando-Wes in Soweto.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Hector Pieterson Pitso of Petersen of PietersonHector Pieterson Omstrede hofsaakHector Pieterson -museumHector Pieterson VerwysingsHector Pieterson Eksterne skakelsHector PietersonApartheidDwaalkoeëlJeugdagSam NzimaSoweto-opstand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeksNetbalLys van Suid-Afrikaanse digtersPerdMenslike seksuele gedragSlag van Cuito CuanavaleWes-KaapVrystaatChristiane JaccottetKookpuntMiddeloorontstekingGeelsugBlourokkeSeksuele penetrasieMahatma GandhiNederlandGalblaasTekstielKaapse florarykJeuksiekteAnale kankerCovid-19-pandemieWaterSimboolSkoolThabo MbekiHipoteseBevolkingsafnameLeestekenHerfsOnderhoudLiewe HeksieHernubare energieReënspinnekopAarverkalkingFrederik Willem de KlerkNeonDoelwitDierSuikersiekteAarde se atmosfeerHartTaalfossielTropiese sikloonBelastingBelgiëHeuningBosluisbytkoorsPaarl GimnasiumMetaalGoogle MapsVingerseksTylaNederlandsGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondStaatstoelaeRonelda KamferShakaUniegebouChemiese verbindingNedersettingAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidVerkleinwoordStadVolstruisBloemfonteinOrale seksBloukraanvoëlMieliestronkAdolf HitlerKarooSimon PetrusBlack SashKlimaatPers🡆 More