Hawker Hurricane

Die Hawker Hurricane was 'n eenmotorige, enkelsitplek vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur die Britse Lugmag gebruik is.

Die vliegtuig het sy nooiensvlug op 6 November 1935 voltooi.

Hawker Hurricane
Hawker Hurricane
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Hawker Aircraft
Ontwerp deur Sydney Camm
Nooiensvlug 6 November 1935
Status Uit diens gestel
Hoofgebruikers Britse Lugmag
Kanadese Lugmag
Vervaardig 14,231

Die Hurricane se raam lyk baie soos die Hawker Fury, 'n dubbeldekkervliegtuig wat voor dit vervaardig is. Die Hurricane het aanvanklik bekend gestaan as die Fury Monoplane en eers in 1936 as die Hurricane bekend geraak.

Geskiedenis

Toe die Hurricane in diens gestel is, was dit die eerste vliegtuig waaroor die Britse Lugmag beskik het wat vinniger as 482 km/h (300 mph) kon vlieg. Eskader 111 se Gloster Gauntlets te Northolt is in Desember 1937 vervang met Hurricanes. In Februarie 1938 het 111 Eskader 'n rekord daargestel toe hulle gedurende die nag vanaf Edenburg tot by Northolt-lughawe gevlieg en 'n gemiddelde spoed van 656 km/h gehandhaaf het.

Die Hurricane het die Spitfire met 'n verhouding van twee tot een oorskadu toe die oorlog uitgebreek het. Hulle moes dus die meeste van die Duitse aanslag afweer. Vier eskaders was operasioneel in Frankryk aan die begin van die oorlog. 'n Hurricane van 1 Eskader het die eerste Duitse vliegtuig afgeskiet, 'n Dornier Do 17.

Slag om Brittanje

Tydens die Slag om Brittanje het die Hurricane sy naam in die geskiedenisboeke verewig: hulle het meer Duitse vliegtuie verwoes as al die ander verdediging op die grond en lug tesame. Gedurende Augustus 1940 is Hurricane-vlieënier Vlug-Luitenant J.B. Nicholson van 249 Eskader met die Victoriakruis vereer nadat hy 'n Messerschmitt Bf 110 afgeskiet het nadat sy vliegtuig reeds aan die brand was. Op 2 Augustus 1940 het Hurricanes die eiland Malta begin verdedig teen die Italianers.

Gedurende November 1940 het Italiaanse bomwerpers hulle enigste massaverskyning oor Brittanje uitgevoer. Hurricanes van 46, 249 en 257 Eskaders het egter gemaai onder die Italiaanse vliegtuie; sewe van tien Fiat BR.20 bomwerpers is afgeskiet asook vier Fiat CR.42 vegvliegtuie.

Verdere ontwikkeling

Die Mk II Hurricane het in September 1940 sy verskyning gemaak. Dit het oor 'n tweefase-superaangejaagde Merlin XX motor beskik in stede van die Merlin III. Die Mk IIA was toegerus met agt masjiengewere en die IIB met 12 7.7mm masjiengewere. Die Mk IIC was toegerus met vier 20 mm kanonne. Die Mk IIC het sy verskyning gemaak in April 1941.

Die Hurricane was ook aangepas as nagvegters en vlootweergawes. Die Mk IID was 'n grondaanvalweergawe en toegerus met twee 40 mm anti-tenkkanonne. Dit was grotendeels in Noord-Afrika gebruik. Die Hurricane het ook in Burma diens gedoen. Die laaste weergawe was die Mk IV wat tot Januarie 1947 in diens was by 6 Eskader.

Daar is altesaam 14 231 Hurricanes in Brittanje en Kanada gebou.

Vloot

In 1941 het die Britse Vloot die Hurricane met vanghake en katapulttoerusting toegerus. Die modelle was bekend as die Sea Hurricane. Hulle het diens gedoen in die Merchant Ship Fighter Unit asook die Vloot se lugmag; hier was hulle op vliegdekskepe gestasioneer. Op eersgenoemde was die vliegtuie met vuurpyle toegerus en van die skip gelanseer wanneer gevaar gedreig het. Indien die vliegtuie nie die land of 'n vliegdekskip kon bereik nie, is hulle in die see gestort.

Die Hurricane was gewild onder die vlieëniers; dit was vinnig, rats en kon vyandelike vuur verduur. Sig oor die neus was baie beter as die van die Spitfire omrede die neus ietwat afplat na voor.

Tegniese besonderhede

Hawker Hurricane 
Hawker Hurricane
Besonderhede van die Hawker Hurricane Mk I:
Item Statistiek
Aantal motore 1
Tipe motor Skroef
Vervaardiger Rolls-Royce Merlin III 12-silinder, vloeistofverkoel
Kraglewering per motor 1 030 perdekrag
Vlerkspan 12,19 m
Lengte 9,57 m
Hoogte 4,0 m
Vlerkoppervlakte 24,0 m2
Maks. opstygmassa 2 924 kg
Maks. snelheid 511 km/h
Operasionele hoogte 10 970 m
Togafstand 740 km
Klimvermoë 770 m per minuut
Bewapening Agt 7,7 mm masjiengewere
met 334 rondtes per geweer

Sien ook

Bron

Tags:

Hawker Hurricane GeskiedenisHawker Hurricane Slag om BrittanjeHawker Hurricane Verdere ontwikkelingHawker Hurricane VlootHawker Hurricane Tegniese besonderhedeHawker Hurricane Sien ookHawker Hurricane BronHawker HurricaneBritse LugmagTweede WêreldoorlogVegvliegtuig

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ekonomiese kwessies in Suid-AfrikaSelfmoordLangste woordLys van Afrikaanse skrywersAfrikanersKartografiePubliekPesachSkerpioenEiffeltoringShakaPseudowetenskapHeupOlimpiese SpeleCheslin KolbeKlein vyf diereLien se lankstaanskoeneMieliestronkTweede WêreldoorlogPlantWaterMIV/vigs in Suid-AfrikaApostoliese GeloofsbelydenisHindoeïsmeVolhoubare ontwikkelingEskomMitePlaattektoniekIronieBorsKasterolieVoortrekkersTrekarbeidKappie (skryfteken)KimberleyOraniaByAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidKoolstofdioksiedSteenkool in Suid-AfrikaYstervarkCorioliskragElandréTransatlantiese slawehandelMagneetKunsEugenetikaPornografieStam (taalkunde)Goudkus (streek)DundermLeonardo da VinciSekondêre sektor van die ekonomieKlereWater (molekuul)MetaalOrrelDramaAppel (sanger)SkarlakenkoorsFiela se kindOnderhandelinge om apartheid te beëindigNuwe TestamentSkaakProteïenBlourokkeDoelwitSkuinsstreepVulkaanGeelsugHartaanvalBosluisFamilie (verwantskap)Robert SobukweKeramiekDonderstormDikderm🡆 More