Harry Lawrence

Harry Gordon Lawrence (1901–1973) was ‘n Suid-Afrikaanse politikus.

Harry Lawrence
Harry Lawrence

Minister van Binnelandse Sake
Ampstermyn
16 Januarie 1948 – 4 Junie 1948
Eerste minister Jan Christian Smuts
Voorafgegaan deur Charles Francis Clarkson
Opgevolg deur Eben Dönges
Ampstermyn
6 September 1939 – 16 Augustus 1943
Eerste minister Jan Christian Smuts
Voorafgegaan deur Richard Stuttaford
Opgevolg deur Charles Francis Clarkson

Minister van Justisie
Ampstermyn
1945 – Junie 1948
Eerste minister Jan Christian Smuts
Voorafgegaan deur Colin Steyn
Opgevolg deur Charles Robberts Swart

Persoonlike besonderhede
Gebore 1901
Sterf 1973
Politieke party Verenigde Party
Progressiewe Party
Harry Lawrence
Die parlementêre koukus van die Progressiewe Party in 1960 op die trap voor die parlement afgeneem. Voor: Walter Stanford, Harry Lawrence, Boris Wilson, Jan Steytler, Helen Suzman, Colin Eglin, Owen Williams. Agter: Ray Swart, Clive van Ryneveld, John Cope, Zach de Beer, Ronald Butcher.
Harry Lawrence
Volksraadslede van die PP in 1960: Helen Suzman, Boris Wilson, Ray Swart, Clive van Ryneveld, Owen Townley Williams, Walter Stanford, Harry Lawrence, Zach de Beer, Jan Steytler, John Cope, Colin Eglin, Ron Butcher.
Harry Lawrence
Hierdie beriggie het in 'n Suid-Afrikaanse koerant verskyn tydens pres. Carmona se besoek aan Suid-Afrika in 1939.

Hy was lid van die verligte vleuel van die Verenigde Party en die mees senior LV wat die party in 1959 verlaat het om die Progressiewe Party te stig.

Lawrence het in genl. Jan Smuts se kabinet gedien tot die Nasionale Party die bewind in Mei 1948 oorgeneem het. Hy was minister van binnelandse sake van 1939 tot 1943 en van Januarie tot Junie 1948 en minister van justisie van 1945 tot Junie 1948.

Sy milt is beseer toe Nasionaliste hom op ‘n politieke vergadering tydens die Tweede Wêreldoorlog aangeval het. Dit het hom daarna voortdurende pyn besorg, soos hy verduidelik het toe hy in 1959 die leierskap van die Progressiewe Party van die hand gewys het. Hy het wel die PP se eerste voorsitter geword.

In die algemene verkiesing van 18 Oktober 1961 het Lawrence en nog nege van die LV’s wat die PP begin het, hul setels verloor. Net Helen Suzman het die paal gehaal in Houghton. Hy het nooit weer teruggekeer na die Volksraad nie, maar het as tussentydse leier opgetree van Jan Steytler se bedanking einde 1970 tot Colin Eglin se verkiesing as partyleier in Februarie 1971.

Bronne

  • (af) Mostert, J.P.C. 1986. Politieke Partye in Suid-Afrika, Instituut vir Eietydse Geskiedenis, U.O.V.S., Bloemfontein.
  • (en) Alhadeff, Vic. 1990. A Newspaper History of Soth Africa, Don Nelson, Kaapstad.


Tags:

Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wes-KaapAngolese BurgeroorlogAntisemitismeVlagterminologieSinkSonkragFrederik Willem de KlerkByStruktuur van die AardeSuurreënWieg van die Mensdom7de LaanVoedingSkaakWatersuiweringVoëlNapoleon BonaparteGezina, PretoriaBraaiVulvaKwaZulu-NatalSeeE-posSendelingposisieVerkoueGianna MichaelsNatriumDurbanHerfsKarooMorfeemKunsmatige algemene intelligensieGroot TrekLionel MessiPornografieSonenergieWaterBreinvliesontstekingSpinnekopVlinderNetbalHoofkarakterOseaanbesoedelingOrthopteraSeekoeiTrekarbeidLieweheersbesieLeestekenAanhalingstekensVergelykings (taalkunde)Vlekvrye staalSelfmoordLiefdeGasPapierChemiese elementTitaanGeskiedenis van die AardeLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)MalariaSuid-Afrikaanse PolisiediensNoord-KaapSeestroomWoordeboekKomplementêre kleureHemelvaartsdagAardbewingTemperatuurAppendiksBipolêre gemoedsteuringHoofpynIslamLys van Afrikaanse rolprenteLys van landeMohammed🡆 More