Harold Haasvoet

Harold Haasvoet (Engels: Harold Harefoot) was van 12 November 1035 tot met sy dood koning van Engeland.

Hy was die seun van koning Knoet die Grote en Elgifa van Northampton. Sy bynaam "Haasvoet" het hy gekry omdat hy so vlugvoetig was op jagtogte.

Harold Haasvoet
Koning van Engeland
Harold Haasvoet
Huis Jelling
Regeer 12 November 103517 Maart 1040
Voorganger Knoet die Grote
Opvolger Hartaknoet
Kinders Elfwine
Gebore c. 1015
Oorlede 17 Maart 1040
Vader Knoet die Grote
Moeder Elgifa van Northampton

Opvolgingskrisis

Met Knoet se dood was Harold se jonger broer, Hartaknoet – Knoet se seun by Emma van Normandië – die amptelike erfgenaam en opvolger van die Deense en die Engelse troon. Hy kon egter nie na Engeland reis vir sy kroning nie omdat Noorweë en Swede Denemarke wou binneval.

Harold is intussen ondanks teenkanting as regent aangestel.

Bewind

In 1036 het Harold ’n poging afgeweer om hom te onttroon. Dit is gelei deur Ethelred II en Emma van Normandië se twee seuns, Alfred Adeling en Eduard die Belyer. In die volgende jaar het Emma uit die land gevlug en Harold is "oral as koning gekies". Daar is min oor hom bekend en die historikus Frank Stenton beweer dis moontlik dat sy ma, Elgifa, "die ware heerser van Engeland" was tydens sy bewind.

Hartaknoet het beplan om Engeland binne te val, maar voor hy tot aksie kon oorgaan, is Harold dood. Nadat Hartaknoet koning geword het, is Harold se lyk opgegrawe, onthoof en in ’n moeras gegooi.

Harold het blykbaar ’n seun, Elfwine, gehad wat ’n monnik geword het. Elgifa van Northampton het ná 1040 skynbaar spoorloos verdwyn.

Verwysings

    Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel nl:Harold Harefoot

Tags:

103512 NovemberEngelandEngelsKnoet die Grote

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nadia ValvekensGevolge van aardverwarming op oseaneAvbobOranjerivierIngrid JonkerWes-KaapGroepsgebiedewetPrimêre sektor van die ekonomieC.J. LangenhovenCarike KeuzenkampLandbouIsraelLien se lankstaanskoeneKrugerwildtuinNic de JagerViëtnamoorlogLeestekenLettergreepBoelieryMiddeloorontstekingKopieregChatGPTKankerTennisGeldTamatieGordelroosHulpwerkwoordKoolhidraatGoeie VrydagNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaInternetMuskietLiefdeSonnetBlack SashOorstromingSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureStudievaardighedePersentasieVraag en aanbodOrtopedieAdolf HitlerSpinnekopAfkortingKappie (skryfteken)MaagSkoenlapperAppel (sanger)SkilpadLys van politieke partye in Suid-AfrikaWaterpokkiesWet op NaturellengrondKommunikasieMetaalSkynprivaatnetwerkSoogdierLeeuHartseerRacheltjie de BeerTaalMuskeljaatkatBeaufortskaalNierversakingHeupvervangingJaco JacobsBalletSonnestelselLondenBynierHartCheslin KolbeJo Black🡆 More