Hansard: Amptelike woordelikse verslag van alle toesprake en debatte in alle huise van die parlement.

Hansard is die amptelike woordelikse verslag van alle toesprake en debatte in alle huise van die parlement.

Hansard: Metode, Geskiedenis, Navorsing
Hansard van die Parlement van Kanada, uitgereik op 17 Julie 1895

Metode

Alles wat die in parlement gesê word, word elektronies (vroeër deur snelskriftiksters) vasgelê. Eers word dit oorgeskryf, taal- en stylfoute verbeter en herhalings uitgewis. Daarna kry die spreker die geleentheid om dit te hersien, maar hy of sy mag geen betekenisveranderings en byvoegings maak nie. Hansard is dus nie streng verbatim nie. Afhangende van in watter taal die toespraak gelewer is, word dit indien nodig vertaal. Elke jaar word al hierdie toesprake deur die Staatsdrukker gepubliseer. In die laaste jare is Hansard ook op internet beskikbaar. Die parlement het hiervoor ‘n spesiale afdeling.

Geskiedenis

Thomas Curson Hansard (1752–1828) het in 1803 begin om verslae van toesprake in die Britse parlement te publiseer. Na sy dood het sy familie dit tot 1895 voortgesit waarna die werk deur die Londense koerant The Times oorgeneem is. Sedert 1908 het die Britse parlement sy eie personeel om die toesprake te dokumenteer. Verskeie parlemente van die Statebond (so ook Suid-Afrika) het hierdie stelsel oorgeneem en by hul omstandighede aangepas. Voor Uniewording het die parlemente van die Kaapkolonie, Transvaal, die Oranje-Vrystaat en Natal reeds begin om volledige notules van hul vergaderings te neem. Vir die Kaapkolonie is die enigste rekords vir die periode tussen 1855 en 1883 koerantverslae. Sedert 1910 was daar verskeie pogings om Hansard uit te gee en die metodes van ander parlemente is bestudeer. Tot November 1915 is opsommings in ‘n Kaapse koerant gepubliseer. Weens geldgebrek was daar tussen 1915 en 1923 geen amptelike Hansard nie en is berigte oor die debatte in Die Burger, Ons Land en The Cape Times uitgeknip. Dit is vandag die enigste rekords van toesprake van daardie tyd. Eers in 1924 het die amptelike Hansard in Suid-Afrika begin.

Hansard gee ‘n uitstekende beeld van die gebeure in en ontwikkeling van Suid-Afrika. Dit vorm ‘n uiters belangrike navorsingsbron oor vele aspekte van die land.

Bibliografie

Tags:

Hansard MetodeHansard GeskiedenisHansard NavorsingHansard BibliografieHansardParlement

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AfkortingLuiaardWolfSelfmoordHolocaustVoëlBloeddrukAlliterasieInternetBernice WestVergelykings (taalkunde)MisdaadByvoeglike naamwoordAfrikaanse WikipediaSkilpadSportHondNederlandsBelastingMusiekKoringGroot GatGedigAfrikaSpaansDuitsMad BuddiesSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994HartseerLys van kleureKoos BekkerMandaryn-ChineesPlae van EgipteStikstofImpakte van toerismeWikiBosvarkBurgerregteNierversakingOnbemande vliegtuigJakobSeekatAkker van der MerweEksodus (uittog)Franse RewolusieWikimedia-stigtingGeskiedenis van erotiese afbeeldingsAgtervoegselOntwerpSkildklierRobbeneiland20ste eeuLys van visseResensieVulkaanPseudowetenskapMenseregteVloeistofGriepKolitisKriekAnneli van RooyenNelson MandelaTropiese sikloonVingerseksSeekoeiOutismeBreinvliesontstekingBergen-Belsen-konsentrasiekampRina HugoMiskruierLAuschwitz-konsentrasiekampVierde Industriële RevolusieCarike KeuzenkampEierleierToestand van materie🡆 More