Hannes Meiring

Hannes Meiring (11 Oktober 1934, Potchefstroom - 2 Mei 2010, Stellenbosch) was 'n bekroonde Suid-Afrikaanse argitek, grafiese kunstenaar, skilder en bewaarder van Suid-Afrika se argitektoniese erfenis.

Hy het historiese geboue beskryf as "die sout en peper van 'n stad". Hy het onder andere geveg vir die behoud van die ou geboue op Kerkplein en Pretoria se middestad soos die Ou Raadsaal en Paleis van Justisie van die Zuid-Afrikaansche Republiek, die Nederlandse Bank-gebou, die Café Riche, die Tudor-gebou, die Hoofposkantoor en die Reserwebank-gebou.

Hannes Meiring
Die Ou Raadsaal op Pretoria se Kerkplein, een van die geboue wat nog staan nadat Hannes Meiring die modernisering van die middestad teëgestaan het.

Meiring was in 1986 betrokke by die uitbreiding en veranderinge aan die Parlement in Kaapstad, insluitend die ontwerp van die Groot Saal, die saal vir die Raad van Afgevaardigdes en bykomende kantore vir Parlementslede.

Hannes Meiring is op 75-jarige ouderdom aan 'n hartaanval in sy huis oorlede. Hy laat sy vrou, die joernalis en skrywer Martie Retief-Meiring en sy dogter Kabous agter.

Toekennings

Bibliografie

  • Kruger's Pretoria - met Vivian Allen, AA Balkema, 1972
  • Boukunsskatte van Suid-Afrika - Human & Rosseau, 1977
  • Stellenbosch te voet - met Ters van Huyssteen, Tafelberg, 1979
  • Pretoria 125 - met Anna Jonker, Human & Rosseau, 1980
  • Hart van die Boland Deel I - met Ters van Huyssteen, Tafelberg, 1983
  • Early Johannesburg, Its Buildings and People - met G.M. van der Waal, Wilhelm Grútter en Anna Jonker, Human & Rosseau, 1985, ISBN 0-7981-1456-8
  • Footloose in Stellenbosch - a visitors guide met Ters van Huyssteen, Tafelberg, 1993
  • Sanlam se 2002-kalender

Verwysings

Verdere naleeswerk

Tags:

Hannes Meiring ToekenningsHannes Meiring BibliografieHannes Meiring VerwysingsHannes Meiring Verdere naleeswerkHannes Meiring11 Oktober19342 Mei2010ArgitekCafé Riche, PretoriaKerkplein, PretoriaOu Raadsaal, PretoriaPaleis van Justisie, PretoriaPotchefstroomPretoriaStellenboschSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Erektiele disfunksieSelfkonsepRelatiwiteitsteorieHefboomSonSwartbewussynsbewegingKaliumKoorsSomerLeeuAlliterasieSpysverteringstelselStikstofSuiwelprodukKewerGalileo GalileiSuid-Afrikaanse Nasionale ParkePubiese hareNiersteenKunselementeBurgerregteDubbelpuntBesoedelingAsiëVeelvoudige sinNierChemiese verbindingWeervoorspellingPoësieVoornaamwoordOnderhandelinge om apartheid te beëindigJohannes MeintjesFinale OplossingDigvormPinksterPornografiese subgenresMenstruasieYstertydperkSleutel (musiek)Lys van Suid-Afrikaanse musikanteVerkleurmannetjieResensieKaaps-Hollandse stylRasionale getalArmoedeverligtingToerismeMandalaOnderwerp (taalkunde)MonopolieJan van RiebeeckOlimpiese SpeleTydsoneGrondwetLys van nedersettings in Suid-AfrikaMigrasie van diereHernubare energieLodewyk XVI van FrankrykKalenderWaterstofBTWSeisoenSamestellingAnglisismeTreinBestuiwingGeboortePersoonlikheidGroot vyfFrankrykOogproblemeAnrich HerbstWortelKrygkorKonsentrasiekampTienie Holloway🡆 More