Hanging Rock: Berg / reservaat in Victoria, Australië

Hanging Rock is die beskrywende volksnaam wat aan Mount Diogenes, 'n koniese rotsformasie op 'n hoogte van sowat 100 m uit 'n vlakte in die uitlopers van die bergreeks Groot Skeidingsgebergte in die Australiese deelstaat Victoria verrys, verleen is.

Hanging Rock is enkele kilometer noord van Mount Macedon, 'n gebluste vulkaan, af en sowat 70 km noordwes van Melbourne op 718 m bo seevlak geleë.

Hanging Rock
Die Hanging Rock-rotsformasie Die Hanging Rock-rotsformasie
Ligging Victoria, Australië
Hoogte 100 meter bo seevlak
Reeks Uitlopers van die Groot Skeidingsgebergte, Australiese Alpe
Koördinate 37°19′49″S 144°35′42″O / 37.33028°S 144.59500°O / -37.33028; 144.59500 144°35′42″O / 37.33028°S 144.59500°O / -37.33028; 144.59500
Bergtipe Mamelon
Rotsouderdom 6,25 miljoen jaar
Ligging van Hanging Rock op 'n kaart (Victoria)
Hanging Rock
Hanging Rock
Ligging van Hanging Rock in Victoria

Die formasie is tans in die ontspanningsgebied Hanging Rock Recreation Reserve geleë en word deur die Macedon Ranges Shire Council bestuur. Die rotsformasie beslaan sowat nege hektaar, terwyl die ontspanningsgebied se oppervlakte in 1993 tot 88 hektaar uitgebrei is en tans 'n perderenbaan, piekniekgeriewe en 'n parkeerterrein behels.

Hanging Rock maak deel uit van 'n hele reeks merkwaardige geologiese formasies in die gebied wat hul ontstaan aan vulkaniese uitbarstings te danke het. Dit het kulturele betekenis gekry en internasionale bekendheid verwerf deur Joan Lindsay se historiese roman Picnic at Hanging Rock wat in 1967 gepubliseer en agt jaar later deur die Australiese regisseur Peter Weir verfilm is.

Hanging Rock is 'n uitstekende voorbeeld van 'n sogenaamde mamelon (afgelei van die Franse term vir "nippel"), 'n rotsformasie wat deur die uitbarsting van taaivloeiende lava gevorm is. Soortgelyke formasies sluit Camel's Hump suid van Hanging Rock en Brock's Monument oos daarvan in. Al drie formasies bestaan uit solvsbergiet, 'n vorm van tragiet wat na sy vindplek Solvsberget in Noorweë vernoem is en ook in Abessinië (Ethiopië) aangetref word.

Hanging Rock is tydens 'n uitbarsting gevorm wat 6,25 miljoen jaar gelede plaasgevind het. Namate die magma afgekoel en ingekrimp het, het dit uitmekaargebreek om growwe rotskolomme te vorm wat later aan verwering blootgestel is.

Volgens argeologiese opnames is die omgewing van Hanging Rock reeds sowat 36 000 jaar gelede deur inheemse Australiërs bewoon. Die formasie val in die tradisionele tuisland van die Woiwurrung- of Wurundjeri-volk en het vroeër die middelpunt van die Gunung willam baluk (in Engels bekend as Creek dwelling people) se stamgebied gevorm.

Min is bekend oor die rotsformasie se kulturele betekenis in die tyd voor die Europese kolonisasie van Australië, maar daar word aangeneem dat Hanging Rock as ontmoetingsplek vir Australiese stamme in die streek gedien het en daarnaas ook manlike inisiasierituele hier plaasgevind het. Een van die laaste sodanige inisiasie-plegtighede is in November 1851 deur 'n Wurundjeri-ouderling uit die Templestowe-gebied georganiseer is. Die Wurundjeri-stam het steeds hegte kulturele en spirituele bande met die gebied.

Verwysings

Tags:

AustraliëGroot SkeidingsgebergteMelbourneVictoria (Australië)Vulkaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AppendiksMisdaadEkologieBruin huisslangSinoniemKlitorisAntoniemEier (biologie)Ontsteking (geneeskunde)Wikimedia-stigtingAfrikaTydByeboerderyDeon MeyerVratDiarreeBreingewasBakterieAngkor WatIranBloeddrukBelgiëLys van Suid-Afrikaanse musikanteLys van Afrikaanse rolprenteLimfvatstelselGodSiembambaPenisverlengingAkkedisPersoonlikheidAkira ToriyamaVerenigde State van AmerikaAbstraksie (rekenaarwetenskap)PornografieEkostelselEierleierKoolhidraatHolocaustIndiëOnderwysLuiperdKompasARenteGeografie van Suid-AfrikaSally EsterhuizenHannes van WykDulcie van den BerghKlein vyf diereLiturgiese jaarOntlastingOpgestopte speelgoedFritz WepperAustraliëDrie SusterskerkeKankerRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Seksuele stimulasieVulvaKrieketInligtingGordelroosA.J. ApplegateSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Jo BlackAkuutGeslagsorgaanSuid-KoreaOrkney Snork NieEkonomieWynand du ToitYstervarkHernubare energieVingerseks🡆 More