Han-Chinese

Die Han-Chinese is 'n inheemse etniese groep in Oos-Asië.

Hulle maak ongeveer 92% van die Volksrepubliek China se bevolking uit, 93% van Hongkong se bevolking, 92% van Macau se bevolking, 98% van die Republiek China op Taiwan se bevolking, 76,2% van Singapoer se bevolking, 24,5% van Maleisië se bevolking, 15% van Thailand se bevolking en omtrent 19% van die hele globale menslike bevolking wat hulle die grootste etniese groep in die wêreld maak. Die Han-Chinese word as 'n onderafdeling van die Chinese nasie (Zhonghua minzu) beskou. Hulle verwys soms na hulself as Yan Huang Zisun, wat die "seuns van (die god-keisers) Yan en Huang" beteken.

Han-Chinese
Han-Chinese
Totale bevolking: ca. 1,310 miljard
Belangrike bevolkings  in: Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 1,240 miljard

Vlag van Republiek van China Republiek van China 22 575 365
Vlag van Thailand Thailand 9 349 900
Vlag van Maleisië Maleisië 6 960 000
Vlag van Hongkong Hongkong 6 593 410
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 3 794 673
Vlag van Indonesië Indonesië 2 832 510
Vlag van Singapoer Singapoer 2 547 300
Vlag van Mianmar Mianmar 1 637 540
Vlag van Kanada Kanada 1 487 580
Vlag van Filippyne Filippyne 1 350 000
Vlag van Peru Peru 1 300 000
Vlag van Kambodja Kambodja 1 180 000
Vlag van Rusland Rusland 998 000
Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 898 113
Vlag van Australië Australië 866 200
Vlag van Viëtnam Viëtnam 823 070
Vlag van Japan Japan 655 377
Vlag van Macau Macau 433 641
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 433 150
Vlag van Venezuela Venezuela 400 000
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 350 000
Vlag van Italië Italië 320 794
Vlag van Frankryk Frankryk 230 515
Vlag van Duitsland Duitsland 204 828
Vlag van Spanje Spanje 197 214
Vlag van Indië Indië 189 470
Vlag van Laos Laos 185 765
Vlag van Brasilië Brasilië 151 649
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 147 510
Vlag van Nederland Nederland 144 928
Vlag van Panama Panama 135 000
Vlag van Kuba Kuba 114 240
Vlag van Costa Rica Costa Rica ca. 40 000
Flag of Ireland Ierland 11 218
Flag of Christmas Island Kerseiland ~940

Taal: hoofsaaklik Chinees (Mandaryns), daarbenewens Kantonees
Geloofsoortuiging: Nie-godsdienstige, Chinese volksgodsdiens (insluitend Taoïsme, voorvaderaanbidding en ander), Mahayana-Boeddhisme, Christendom en ander gelowe.
Verwante etniese groepe: Ander Sino-Tibettaanse volke soos Hui-Chinese.
Han-Chinese
'n Groep Han-Chinese in hul tradisionele klere, die hanfu
Han-Chinese
Wêreldwye verspreiding van Han-Chinese in 2010

In Chinees word tussen die Chinese as burgers van albei Chinese lande (Vereenvoudigde Chinees: 中國人 / Tradisionele Chinees: 中国人, Pinyin: Zhōngguórén, letterlik: "Mense uit die sentrale ryke") en die etniese Chinese (漢族人 / 汉族人, Hànzúrén of 漢人 / 汉人, Hànrén, "mens van die Han-volk") onderskei. Bykomend tot die Han-Chinese erken die Volksrepubliek China nog 55 en die Republiek China 14 verdere etniese groepe ("nasionaliteite") amptelik.

Elders in die wêreld woon 3 miljoen mense van Chinese afkoms in die Verenigde State (1% van die bevolking), meer as 1 miljoen in Kanada (3,7%), meer as 1,3 miljoen in Peru (4,3%), meer as 600 000 in Australië (3,5%), byna 150 000 in Nieu-Seeland (3,7%) en meer as 750 000 in Afrika, waaronder 350 000 in Suid-Afrika.

Die belangrikste ondergroepe sluit in:

  • Chuanqing Min (Fuzhouese, Putianese, Hoklo, Teochew)
  • Gan met hul taal Gan
  • Hakka met hul taal Hakka
  • Hunanese
  • Kantonese (Taishanese) met hul taal Kantonees
  • Min met hul taal Min
  • Tanka (Fuzhou Tanka)
  • Wu (Shanghainese) met hul taal Wu
  • Xiang met hul taal Xiang

Verwysings

Verdere leeswerk

Eksterne skakels

Tags:

Etniese groepHongkongMacauMaleisiëOos-AsiëRepubliek ChinaSingapoerTaiwan (eiland)ThailandVolksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TydsoneVerkragtingWaatlemoenCarles PuigdemontVennootskapGeslagVrystaatJavaScriptFinale OplossingErfenisCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaHondeklipbaaiWinterLandbouPrimêre sektor van die ekonomieKlimaatsverandering in AfrikaInfeksieSwartkwasmuishondMeningsverskil oor aardverwarmingDeelwoordFranse RewolusieKankerSwaweldioksiedSelfstandige naamwoordLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaBoontjieSelakantJudaïsmeIdioomOmtrek, oppervlakte en volumePornografiese akteurOntbossingIndustriële RevolusieImmunologieAgtervoegselLodewyk XVI van FrankrykOu Apostoliese KerkEmosieSharpeville-slagtingMangelontstekingTweede WêreldoorlogSmaakHeupvervangingGoogleIntensiewe vormLeeuRassismeNetbalGalblaasSwartbewussynsbewegingWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaVrymesselaryWeervoorspellingSpysverteringstelselOmgewingsbeheerAbstraksie (rekenaarwetenskap)TaalSeksSirkelAfrikanersWeerfrontSkuinsstreepKinderregteKlereEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaMensVlekvrye staalArmoedeverligtingHomoniemEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaAarde se atmosfeerDroomVerkoueWoordLuiperd🡆 More