HD 209458 b, ook bekend onder sy bynaam, Osiris, is ’n eksoplaneet wat sowat 150 ligjare van hier om die ster HD 209458, soortgelyk aan die Son, wentel in die sterrebeeld Vlieënde Perd.
Die radius van die planeet se wentelbaan is 7 miljoen kilometer, sowat 0,047 AE of ’n agtste van Mercurius se wentelbaan. Dié klein wentelbaan het tot gevolg dat ’n jaar op die planeet gelyk is aan sowat 3,5 dae op Aarde en dat die temperatuur op die oppervlak sowat 1 000 °C is. Sy massa is 220 keer die Aarde s’n, of 0,69 Jupiter-massas. Sy volume is 2,5 keer dié van Jupiter. Die groot massa en volume dui daarop dat dit ’n gasplaneet is.
HD 209458 b | ||||
Eksoplaneet | ||||
Die grootte van HD 209458 b in vergelyking met dié van Jupiter. | ||||
Moederster | HD 209458 | |||
Ster se eienskappe | ||||
Sterrebeeld | Vlieënde Perd | |||
Regte klimming | 22h 03m 10.8s | |||
Deklinasie | +18° 53′ 04″ | |||
Skynmagnitude (m) | 7,65 | |||
Afstand (ligjaar) | 154 | |||
Metaalinhoud | 0,00 ± 0,02 | |||
Ouderdom | 4 ± 2 | |||
Spektraaltipe | G0V | |||
Planeet | ||||
Massa | 1,13+0.03−0.02 | |||
Radius | 1,14+0.06−0.05 | |||
Temperatuur | 6 000 ± 50 | |||
Wentelperiode | 3,52474541 ± 0,00000025 dae | |||
Ontdekking | ||||
Datum | 5 November 1999 | |||
Ontdekkers | D. Charbonneau, T. Brown, D. Latham, M. Mayor, G.W. Henry, G. Marcy, K. O'Connor, R.P. Butler, S.S. Vogt | |||
Metode | Radiale snelheid | |||
Status | Gepubliseer | |||
|
HD 209458 b het vir verskeie mylpale gesorg in die soeke na eksoplanete. Dit was die eerste in verskeie kategorieë:
Volgens studies in April 2007 is dit na bewering die eerste eksoplaneet met waterdamp in sy atmosfeer.
In Julie 2014 het Nasa aangekondig ’n baie droë atmosfeer is op HD 209458 b en twee ander eksoplanete, HD 189733 b en WASP-12b, ontdek. Al drie wentel om Sonagtige sterre.
Spektroskopiese studies het op 5 November 1999 die eerste keer die teenwoordigheid van ’n planeet om die ster HD 209458 onthul. Kort daarna het verskillende spanne ’n oorgang van die planeet met die ster waargeneem, wat dit die eerste planeet maak waarvan ’n oorgang bekend was. Op 9 en 16 September 1999 het een span ’n verdowwing van 1,7% in HD 209458 se helderheid waargeneem wat toegeskryf is aan die planeet se oorgang.
Op 8 November het ’n ander span ’n gedeeltelike oorgang waargeneem toe hulle net die ingang gesien het. Artikels van die twee spanne is gelyktydig in die Astrophysical Journal gepubliseer. Elke oorgang het sowat drie uur geduur, waartydens sowat 1,5% van die ster verduister is.
Die Hipparcos-satelliet het sterrekundiges gehelp om die wentelperiode op 3,524736 dae vas te stel.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article HD 209458 b, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.