Riffelstampendoring: Boomspesie

Die Riffelstampendoring (Gymnosporia heterophylla) is 'n klein, geharde, bladwisselende boom wat tot 5 meter hoog groei.

Dit kom voor in klipperige plekke en het 'n wye verspreiding in Afrika, vanaf Ethiopië, die Soedan en Kongo-bekken, suidwaarts na die Kaapprovinsie en weswaarts na Angola en Namibië, benewens die aanliggende eilande Madagaskar en Sint Helena, terwyl 'n naverwante spesie in Mauritius aangetref word.

Riffelstampendoring
Riffelstampendoring: Boomspesie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Celastrales
Familie:
Genus:
Spesie:
G. heterophylla
Binomiale naam
Gymnosporia heterophylla
(Eckl. & Zeyh.) Loes
Sinonieme
  • Catha heterophylla (Eckl. & Zeyh.) C.Presl
  • Catha parvifolius (Eckl. & Zeyh.) C.Presl
  • Catha venenata (Eckl. & Zeyh.) C.Presl
  • Celastrus angularis Sond.
  • Celastrus cymosus Eckl. & Zeyh.
  • Celastrus glomeratus E.Mey. ex Sond.
  • Celastrus heterophyllus Eckl. & Zeyh.
  • Celastrus parvifolius Eckl. & Zeyh.
  • Celastrus venenatus Eckl. & Zeyh.
  • Gymnosporia angularis (Sond.) Sim
  • Gymnosporia nyassica Gilli
  • Maytenus heterophylla (Eckl. & Zeyh.) N.Robson

Dit het 'n ruie maar rigiede groeivorm en is gewapen met skerp en reguit dorings, elk tot 10 cm lank, wat in werklikheid gemodifiseerde takke is. Die bas aan 'n volwasse stam is grysbruin en diep gegroef. Die boom is tweehuisig, en trosse wit blomme word oorvloedig in lentetyd voortgebring langs die dikker lote en takke. Die blomme gee 'n stink ontlastingsruik af wat 'n wye verskeidenheid bestuiwende insekte lok, veral aasliewende vlieë, soos dié van die familie Calliphoridae. Die boom staan in 'n noue verhouding met 'n aantal sonbesie-soorte, soos Platypleura divisa, P. mijburghi en P. maytenophila.

Die spesienaam "heterophylla" beteken "veelsydige blare" en wanneer die lys van sinonieme ondersoek word, bied dit interessante insigte in die sienswyses van botaniste sedert 1753 toe Linnaeus verklaar het dat die blare hom aan dié van bukshout herinner, en dit Celastrus buxifolius benoem het. Sedertdien is dit al benoem as ellipticus, heterophyllus, spathephyllus, empleurifolius, rhombifolius, parvifolius en buxifolioides, maar die benaming heterophylla blyk die mees gepaste te wees.

Dit kan 'n vinnig-groeiende en baie effektiewe heining vorm. Die hout is hard en duursaam, en geskik vir houtsneewerk, maar groot blokke is nie maklik te vinde nie.

Die boom se FSA-nommer is 401.6.

Galery

Kyk ook

Verwysings

Bronne

  • Trees and Shrubs of the Witwatersrand – Boomvereniging van Suidelike Afrika (Universiteit van die Witwatersrand, 1969)
  • Trees and Shrubs of Mpumalanga and Kruger National Park – Schmidt et al. (Jacana uitgewers, 2002)
  • Plants of the World
  • Reinstatement of "Gymnosporia"
  • Maytenus heterophylla. 29 Junie 2014. doi:10.5555/AL.AP.COMPILATION.PLANT-NAME-SPECIES.MAYTENUS.HETEROPHYLLA. ;
  • "Gymnosporia". Flora Kruger Park. Besoek op 12 Februarie 2010.[dooie skakel]


Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BateFamilie (verwantskap)HokkieAngolaBraaiVryheidsmanifesWerkwoordKatoenBorsteRefentse MorakeRob HersovVlekvrye staalKriekKunsmatige intelligensieDonderstormMensPaddaBrugLionel PetersonVoëlWeervoorspellingAlkoholismeAkuutMineraalWiskundeProvinsies van Suid-AfrikaWes-IndiëAkroniemSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Weer (meteorologie)BergSuurreënSkilpadTransatlantiese slawehandelHeelgetalSwangerskapDolfynStikstofKarakteriseringAfrikaanse WikipediaWinnie Madikizela-MandelaGeweldEkotoerismeKapitalismeCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaTropiese sikloonSeksuele stimulasieAarde se atmosfeerMosesGeslagsgelykheidHemelvaartsdagSeksuele penetrasieIntensiewe vormKlaviersonate No. 18 in G majeur, D 894 (Schubert)SonpaneelOostenrykBruto binnelandse produkDikdermWaterstofWes-Germaanse taleAborsie in Suid-AfrikaDiamantbedryfSeksBoer Soek 'n VrouVervoerFaktuurWortelTydsoneVerkleinwoordWelwitschiaSeksuele opwekkingViëtnamoorlogKunselementeVormLodewyk XVI van FrankrykCorioliskrag🡆 More