Gustaf V Van Swede

Gustaf V (Oscar Gustaf Adolf; 16 Junie 1858 - 29 Oktober 1950) was van 1907 tot met sy dood in 1950 koning van Swede.

Hy was die oudste seun van koning Oscar II van Swede en Sophia van Nassau, 'n halfsuster van Adolphe, groothertog van Luxemburg. Met sy bewind wat geduur het van sy vader se dood in 1907 tot met sy eie dood meer as 42 jaar later, hou hy die rekord vir die oudste monarg van Swede en die derde langste bewind, ná Magnus IV en Carl XVI Gustaf.

Gustaf V
Koning van Swede
Koning Gustaf V, 1938.
Koning Gustaf V, 1938.
Bewind 8 Desember 1907 - 29 Oktober 1950
Voorganger Oscar II
Opvolger Gustaf VI Adolf
Huis Bernadotte
Eggenote Victoria van Baden
Kinders Gustaf VI Adolf, Wilhelm, Erik
Vader Oscar II
Moeder Sophia van Nassau
Geboortenaam Oscar Gustaf Adolf
Gebore (1858-06-16)16 Junie 1858
Stockholm
Oorlede 29 Oktober 1950 (op 92)
Stockholm

Bewind

Gustaf V Van Swede 
Die ontmoeting van drie konings, 18 Desember 1914: Haakon VII van Noorweë, Gustaf V en Christiaan X van Denemarke.

Gustaf was die laaste Sweedse koning wat sy koninklike prerogatiewe uitgeoefen het. Hulle is basis saam met hom graf toe, hoewel hulle amptelik eers in 1974 afgeskaf is met destydse veranderings aan die Sweedse grondwet.

Gustaf was die eerste Sweedse koning sedert die hoë Middeleeue wat nie 'n kroning gehad het nie en het dus nooit die koning se kroon gedra nie, 'n praktyk wat sedertdien toegepas word.

Tydens Gustaf se vroeë bewind het die mag van die Sweedse parlement groter geword, en nadat die Liberale en Sosiale Demokrate ná die Tweede Wêreldoorlog 'n parlementêre meerderheid onder Nils Edén behaal het, is Edén toegelaat om 'n regering te vorm wat die monargie teen 1919 de facto van al sy mag gestroop het en algemene stemreg, ook vir vroue, ingestel het.

Hy het agteruitgetree voor die beginsels van 'n parlementêre demokrasie en vir die oorblywende 31 jaar van sy bewind 'n gewilde staatshoof gebly, maar nie heeltemal sonder invloed nie.

Hy is ná sy dood deur sy seun Gustaf VI Adolf opgevolg.

Persoonlike lewe

Gustaf was 'n geesdriftige jagter en sportman. Hy was gasheer van die Olimpiese Somerspele van 1912 en van 1897 tot 1907 voorsitter van die Sweedse Sportvereniging. Hy het Swede in tennis verteenwoordig (onder die naam "Mr G.") en het tot in sy 80's mededingende tennis gespeel, totdat sy sig vinnig agteruitgegaan het.

Verwysings

Skakels

  • Gustaf V Van Swede  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Gustaf V Van Swede BewindGustaf V Van Swede Persoonlike leweGustaf V Van Swede VerwysingsGustaf V Van Swede SkakelsGustaf V Van SwedeCarl XVI Gustaf van SwedeOscar II van SwedeSwede

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkisofrenieSendelingposisieErfenisAppel (sanger)ProteaTerracottaleërToringEskomWisselkoersWynand du ToitAanpassingskapasiteitApostoliese GeloofsbelydenisMielieD.J. OppermanLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsTafelbergPoësieHibernasieLabia (geslagsdele)WaterstofAtmosfeerImmunologieNeurenberg-verhoreSublimasieEk is 'n Afrikaan (toespraak)EmosieMaatskappyVersamelnaamEkonomiese sektorPseudowetenskapKonjunktivitisKindermishandelingDwelmmiddelSeksueel oordraagbare infeksieDermpoliepHernubare energieAtoomMosambiekMeervoudDemografie van Suid-AfrikaBreinGordelroosIdioomKasterolieAkroniemKartografieMenseregteSlag van BloedrivierHamburgerDierAfrikanersMieliestronkEjakulasieRosa ParksDistrik SesTamatieMisdaadromanWillie JoubertPerdRonelda KamferLys van myne in Suid-AfrikaVerkoueEkologieOos-KaapLeeuSikloonVakbondEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaGeskiedenis van Suid-AfrikaUnited Democratic Front🡆 More