Guantanamobaai

Guantanamobaai (Engels: Guantánamo Bay, Spaans: Bahía de Guantánamo) is 'n baai geleë in die Guantanamoprovinsie aan die suidoostelike kant van Kuba.

Guantanamobaai
Guantanamobaai
Nasa-Satellietbeeld van die Guantanamobaai
Guantanamobaai
Kaart van die Guantanamobaai
Koördinate:19°54′N 75°09′W / 19.900°N 75.150°W / 19.900; -75.150 75°09′W / 19.900°N 75.150°W / 19.900; -75.150
Ligging:Kuba, Verenigde State
Soort:Baai van die Karibiese See
Lengte:20 km
Breedte:8 km
Uitvloei:Karibiese See

Dit huisves die grootste hawe aan die suidekant van die eiland, en word omring deur steil heuwels wat 'n enklawe vorm wat van sy onmiddellike hinterland afgesny is.

Guantanamobaai
Lugfoto van Guantanamobaai

Die Verenigde State van Amerika verkry territoriale beheer oor die suidelike gedeelte van Guantanamobaai onder die Kubaans-Amerikaanse verdrag van 1903. Die VSA oefen volledige jurisdiksie en beheer oor hierdie gebied uit, terwyl dit steeds erken dat Kuba uiteindelike soewereiniteit daaroor besit. Die huidige regering van Kuba verklaar die Amerikaanse teenwoordigheid in Guantanamobaai as onwettig en dring daarop aan dat die Kubaans-Amerikaanse verdrag beding is ná dreigemente van geweld; dat dit ook in stryd is met die internasionale reg. Sommige wetsgeleerdes vermoed dat die huurkontrak nietig kan wees. Dit is die tuiste van die Guantanamobaaigevangenekamp, ​​wat beheer word deur die Verenigde State van Amerika.

VSA se beheer oor Guantanamobaai

Die Amerikaners het reeds op Guantanamobaai beslag gelê tydens die Spaans-Amerikaanse Oorlog in die Slag van Guantanamobaai. In 1898 word 'n Amerikaanse vlootbasis hier gestig. Die VSA en Kuba het in 1903 'n huurkontrak onderteken wat toestemming aan die Amerikaanse regering gee om die grond vir steenkoolontginning en as 'n vlootbasis te gebruik. Die huurkontrak voldoen aan die Platt-wysiging; hierdie wysiging stel dat 'n vlootbasis met "sekere spesifieke punte waarop ooreengekom is deur die president van die Verenigde State van Amerika" nodig is om "die VSA in staat te stel om die onafhanklikheid van Kuba in stand te hou". Die VSA en Kuba onderteken 'n verdrag in 1934 wat aan die VSA 'n ewigdurende huurkontrak toestaan, maar private ondernemings word egter nie onder die verdrag toegelaat nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

BaaiEilandEngelsEnklaweKubaSpaans

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NederlandsJansenvilleIngenieursweseDesimale breukeVlekvrye staalMark (ekonomie)Leonardo da VinciLemoenBrendan PeyperVerlede tydMierVergelykings (taalkunde)HoofkarakterKoolhidraatOnderhandelinge om apartheid te beëindigRob HersovHernubare energieChris HaniAfrikaanse WikipediaKrieketHarry PotterLenteKunselementeMaagWikiSeksAfvalbestuurWeskusAalwynNarsismeSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Robert SobukweOraniaOranjerivierNeurenberg-verhoreNoord-KaapBorsAfrikaansBrasiliëBloeddrukMangelontstekingDierTafelbergWet op Verbod van Gemengde HuwelikeAfkappingstekenVrouJohannes MeintjesLeeuChloorPersLetterkundeCleopatra VIIKunsTolla van der MerweAardverwarmingTweede Nuwe JaarBruin menseHomofoonBateTuberkuloseAlkoholismeKlinkerSteve BikoGeboorteNamibiëOssewaLys van visseLien se lankstaanskoeneMenstruasieEkotoerismeSoortnaamHaasBeesSeksposisieWêreld- Ekonomiese ForumAspoestertjie🡆 More