Groothertog

Die titel Groothertog (Latyn Magnus Dux; Duits Großherzog; Engels Grand Duke) is laer as die van koning maar hoër as die van (soewereine) hertog of prins.

Die term het vermoedelik in Duitsland ontstaan, waarmee na die heersers van middeleeuse Russiese state verwys is.

Groothertogdomme in die wêreld

Tans is daar slegs een land wat nog deur 'n groothertog geregeer word, die Groothertogdom Luxemburg.

Geskiedenis

Reeds tydens die Paleologise Dinastie van die Bisantynse Ryk (1259–1453) was daar enkele groothertoë (Megadoukas). Die titel word vir die eerste keer amptelikheid verleen in 1569 toe hertog Cosimo I van Florence deur pous Pius V tot groothertog verhef word. Later, toe die titel oorgegaan op Toskane verbind mens hiermee die predikaat Koninklike Hoogheid. Die groothertogdom Toskane kom tot 'n einde in 1860 toe die koninkryk Piëmont-Sardinië dit annekseer. Die Jagiello's heers onder die titel van groothertog oor Litaue en in 1582 roep koning Johan III van Swede homself uit tot groothertog van Finland. Aangesien Finland reeds tot die Sweedse Ryk behoort het, het dit egter geen praktiese gevolge nie.

Napoleontiese groothertogdomme

Ook Napoleon verhef 'n aantal gebiede tot groothertogdom:

  • Groothertogdom Berg (1806–1813)
  • Groothertogdom Würzburg (1806–1814)
  • Groothertogdom Warschau (1809–1813)
  • Groothertogdom Frankfurt (1810–1813)

Groothertogdomme in die Duitse Bond

Na die Kongres van Wenen was daar taamlik baie groothertogdomme in die Duitse Bond:

  • Groothertogdom Hessen-Darmstadt (1806–1918)
  • Groothertogdom Baden (1806–1918)
  • Groothertogdom Luxemburg (1815-hede)
  • Groothertogdom Mecklenburg-Schwerin (1815–1918)
  • Groothertogdom Mecklenburg-Strelitz (1815–1918)
  • Groothertogdom Saksen-Weimar-Eisenach (1815–1918)
  • Groothertogdom Oldenburg (1829–1918)

Lede van die Russiese koninklike huis is soms groothertog genoem. Grootvors is egter meer korrek.

Predikaat

'n Regerende groothertog het die predikaat Koninklike Hoogheid gehad. Die predikaat van ander lede van 'n groothertoglike familie varieer. In Luxemburg is dit ook sy Koninklike Hoogheid. In Hessen-Darmstadt en Baden word egter die predikaat Groothertogelike Hoogheid gebruik.

Eksterne skakels

Sjabloon:Monargnavigasie

Tags:

Groothertog domme in die wêreldGroothertog GeskiedenisGroothertog Napoleontiese groothertogdommeGroothertog domme in die Duitse BondGroothertog PredikaatGroothertog Eksterne skakelsGroothertogDuitsEngelsHertogKoningLatyn

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HartversakingLys van landeBurgerregteBestuiwingApostelCyril RamaphosaLys van chemiese elemente volgens atoomgetalNelson MandelaGeslagBateOrale seksMusieksimboleAfro-AmerikanersPornografieBelastingFrederik Willem de KlerkMeervoudSeksNederduitsch Hervormde KerkItaliaansLongontstekingHulpwerkwoordNeurenberg-verhoreErektiele disfunksieWiskundeGetalWesterse filosofieBraaiSuikersiekteHentaiMonoloogWaterbesparing in Suid-AfrikaHipertensieDemokrasieAfrikanersErns GrundlingGlasKlankverskynselsAarde se atmosfeerNierversakingJeuksiekteVioolSimboolNag van die lang messeCeresKolonoskopieKindermishandelingMaagsweerGewoonteregSelfmoordKlinkerLewerOutismeGodsdiensChristus die VerlosserVoornaamwoordHoofkarakterFacebookVleilandKunsmatige algemene intelligensieFisioterapieVarkgriepGenadedoodNatuurrampGeslagsorgaanWoordeskatSamestellingSuid-AfrikaLeestekenInligtingSoweto-opstandTussenwerpselIngrid Jonker🡆 More