Groot Slawemeer

Die Groot Slawemeer (Engels: Great Slave Lake, Frans: Grand Lac des Esclaves) is die tiende grootste meer ter wêreld, die vyfde grootste meer in Noord-Amerika en die tweede grootste meer in Kanada, buite die Groot Mere, ná die Groot Beremeer.

Groot Slawemeer
Groot Slawemeer
Satellietbeeld van die Groot Slawemeer
Groot Slawemeer
Kaart van die Groot Slawemeer
Koördinate:61°40′N 114°00′W / 61.667°N 114.000°W / 61.667; -114.000 114°00′W / 61.667°N 114.000°W / 61.667; -114.000
Ligging:Noordwestelike gebiede, Kanada
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:27 200 km² (10 502 myl²)
Gemiddelde diepte:41 meter (135 voet)
Maksimum diepte:614 meter (2 014 voet)
Volume:1 580 km³ (380 myl³)
Lengte:469 km (291 myl)
Breedte:203 km (126 myl)
Opvangsgebied:971 000 km² (374 905 myl²)
Omtrek:3 057 km (1 900 myl)
Invloei:Hayrivier, Slawerivier
Uitvloei:Mackenzierivier
Eiland/e:26 hoofeilande, totale oppervlakte 759,3 km² (293,2 myl²)
Nedersettings:Yellowknife, Hay River, Behchoko, Fort Resolution, Lutselk'e, Hay River Reserve, Dettah, N'Dilo
Gevries:November – mid-Junie

Dit is in die Noordwestelike gebiede in die noorde van Kanada, suidoos van die Groot Beremeer geleë en het 'n oppervlakte van 27 200 km². Die Groot Slawemeer word deur die Mackenzierivier, wat in die westelike deel van die meer ontspring, met die Arktiese Oseaan verbind. Aan die noordelike oewer van die Groot Slawemeer is Yellowknife, die hoofstad van die Noordwestelike gebiede geleë.

Groot Slawemeer
Die Groot Slawemeer by Yellowknife

Die Groot Slawemeer is nie na Slawe genoem nie; die naam is afgelei van die Slavey, 'n Eerste Nasie wat in die gebied gebly het. Die Indiaanse bevolking is in Engels vroeër Slave genoem, maar die naam is later na Slavey verander om 'n assosiasie met slawerny te vermy. Die naam van die meer is egter nie aangepas nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Arktiese OseaanEngelsFransGroot BeremeerGroot MereKanadaMackenzierivierMeerNoord-AmerikaNoordwestelike gebiedeYellowknife

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VersamelnaamNasionalismeSeevlakNasiebouEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaVormBoontjieSeekatRegeringKappie (skryfteken)VoorsetselMarsPornografiese subgenresWortelInentingWiskundige terminologieJodeMigrasie van voëlsNierSeksualiteitWolfMosambiekSuid-Afrikaanse randDesmond TutuGipsAborsie in Suid-AfrikaSelTienie HollowayVroueregteKriek1990HipoteseHomoniemKewerSwartkwasmuishondDemografie van Suid-AfrikaNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyVersoeningsdagAfleiding (taalkunde)Diatomiese molekuulKlavierDermpoliepSaartjie BaartmanSpinnekopKoorsGroepsdrukKunsmatige intelligensieKlein-KarooMediese diagnoseTatoeëermerkOrgasmeHamburgerGeslagsgelykheidWieg van die MensdomCorioliskragBurgerregteSebraMarie AntoinetteWaterpokkiesWisselkoersBipolêre gemoedsteuringBreinLetterkundeDroomPoesSirkelWoordLeah van NiekerkJaarJeugdag🡆 More