Groot Skeurvallei

Die Groot Skeurvallei is 'n skeurvallei in Oos-Afrika wat die grootste van sy soort in die wêreld is.

Hoewel die term nog redelik algemeen is, word dit deesdae selde in geologie gebruik omdat dit beskou word as twee aparte, maar verwante, skeurstelsels waarvan die Oos-Afrikaanse Skeur een is.

Groot Skeurvallei
Kaart van die Groot Skeurvallei
Groot Skeurvallei
NASA-Satellietbeeld van die Groot Skeurvallei

Die skeurvallei is bykans 5600 km lank en strek van die Afar depressie in die Horing van Afrika tot by die mond van die Zambezirivier. Die meeste van die groot mere van Afrika lê in die Groot Skeurvallei. Daar is drie punte van die Skeurvallei wat laer as seevlak is: die Danakil depressie en die bodems van die Malawi en Tanganyikamere.

Die Skeurvallei gaan deur Eritrea, Djiboeti, Ethiopië, Kenia, Uganda, Tanzanië, Malawi en Mosambiek. Die gedeelte van Eritrea deur Ethiopië staan bekend as die Abessiniese skeurvallei, die gedeelte vanaf Ethiopië deur Kenia tot in Tanzanië staan bekend as die Oostelike skeurvallei en die gedeelte vanaf Uganda tot by Malawi as die Westelike skeurvallei.

Abessiniese skeurvallei

Hierdie gedeelte van die skeurvallei begin by Djiboeti. Hier kom drie tektoniese plate byeen: Afrika plaat, Indiese plaat en die Arabiese plaat. Die skeurvallei volg hiervandaan 'n suidwestelike rigting en verdeel Ethiopië in twee tot by Turkanameer. Daar is agt kleiner mere slegs in hierdie gedeelte van die skeurvallei en die Awashrivier vloei ook in die Abessiniese skeurvallei en mond uit in die Abbemeer. Net wes van Djiboete is die Danakil depressie. Die depessie se laagste punt, die Assalmeer, is 155 meter onder seevlak en is die laagste punt in Afrika.

Oostelike skeurvallei

Die Oostelike skeurvallei sluit Turkanameer in, in die noorde van Kenia en strek suidwaarts tot by die grens met Tanzanië. Suid van die grens sluit dit die Natronmeer en die vulkaan Ol doinyo in. Dit sluit ook verskeie kleiner mere in. Suid van die Tanzaniese grens staan die vallei ook bekend as die Gregory Skeurvallei. Die skeurvallei sluit dan aan by die Westelike skeurvallei net noord van die Malawimeer.

Westelike skeurvallei

Die Westelike skeurvallei is ongeveer 600 myl lank. Dit begin by die Albertmeer en het hier geen sigbare verbinding met die Oostelike skeurvallei nie. Die vallei strek suidwaarts en sluit die Edward-, Kivu, Tanganjika-, Rukwa- en Malawimere in. Net noord van die Malawimeer, in die suidelike hooglande van Tanzanië, sluit die vallei by die Oostelike skeurvallei aan.

Nyasa skeurvallei

Van waar die Oostelike en Westelike valleie bymekaar kom, is die vallei nog 400 myl lank tot waar dit eindig by die monding van die Zambezirivier. Hierdie gedeelte van die Groot Skeurvallei staan as die Nyasa skeurvallei bekend. Die Malawimeer se oorloop is die Shirerivier wat suidwaarts in die Nyasa skeurvallei vloei tot by die saamvloei met die Zambezirivier. In die suide van Malawi vloei die Shirerivier deur die Malombemeer.

Bron

Eksterne skakels

Tags:

Groot Skeurvallei Abessiniese skeurvalleiGroot Skeurvallei Oostelike skeurvalleiGroot Skeurvallei Westelike skeurvalleiGroot Skeurvallei Nyasa skeurvalleiGroot Skeurvallei BronGroot Skeurvallei Eksterne skakelsGroot SkeurvalleiGeologieOos-AfrikaOos-Afrikaanse SkeurSkeurvallei

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

FilosofiePankreasJaarBynierRelatiwiteitsteorieGeografie van Suid-AfrikaVoornaamwoordZack du PlessisKaapstadDiarreeVolhoubare ontwikkelingPuberteitSteenkoolHipoteseHerfsWoordsoortHeks van HexrivierAbsolute monargieSkaakGewasboerdery in Suid-AfrikaDirekte en Indirekte redeLys van chemiese elemente volgens atoomgetalGriepMusiekMaroela MediaLandbouLettergreepKonjunktivitisHindoeïsmeGroepsdrukVennootskapKommunismeSeksposisieAluminiumMonumentInstagramWaterbesoedelingEkonomiese sektorLugbesoedelingUnie van Suid-AfrikaInentingLeonardo da VinciSwart nasionalismeSeevlakstygingVrouWetenskaplike klassifikasiePaddaBek-en-klouseerTatoeëermerkPad na jou hartKlankverskynselsRookgewoonteMIVOntbossingBoelierySeegolfVerkleurmannetjieBosluisbytkoorsInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandMantisKaliumWerkwoordKommunikasieAfrikaanse taalleerLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)SelfoonJavaScriptOogproblemeBreinKrokodilElandréJan van TonderMonopolieNederlandStudievaardighedeJode in Suid-AfrikaPersoonlikheid🡆 More