Die groenkopwielewaal is 'n seldsame, gelokaliseerde standvoël.
Groenkopwielewaal | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Passeriformes |
Familie: | Oriolidae |
Genus: | Oriolus |
Spesie: | O. chlorocephalus |
Binomiale naam | |
Oriolus chlorocephalus (Linnaeus, 1758) |
Sy groen rugkant, kop en keel en sy geel kraag en onderkant onderskei hom van die ander wielewale. Jonges is liggeel van onder, met 'n ligter groen kop. Die voël word 24 cm lank.
Hierdie afdeling moet uitgebrei word. Jy kan bydra deur dit te wysig. |
Dit word in Suider-Afrika slegs in die bergwoude van die Gorongosaberg in Sentraal-Mosambiek aangetref.
Sy geroep klink baie soos die Swartkopwielewaal s'n, nl. 'n helder "fioee".
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Groenkopwielewaal, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.