Groen-Kurper

Die Groenkurper (Sargochromis codringtonii) is 'n varswatervis wat in die Okavangorivier, boonste gedeelte van die Zambezirivier, die Kafuerivier en die Karibadam voorkom.

In Engels staan die vis bekend as die Green bream of Green happy.

Groenkurper
Groen-Kurper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Pseudocrenilabrinae
Genus:
(Regan, 1920)
Spesie:
S. codringtonii
Binomiale naam
Sargochromis codringtonii
(Boulenger, 1908)

Voorkoms

Die groenkurper se snoet is skraal, die bek is relatief klein en die vis lyk nie veglustig nie. Daar is twee rye tande op elke kaak, dun gebuig en kegelvormig. Daar is ook soms tande voor die voorste ry, in die bokaak, wat dan 'n derde ry gee. Die keeltande is kragtig maar nie soos in die ligrooskurper nie.

Mannetjies wat broei is donker olyfgroen tot swart. Die onvolwasse visse en nie-broeiende volwasse visse is grys tot olyfgroen en die basis van die skubbe is roesrooi. Die vispopulasie van die Kafuerivier is gelerig aan die onderkant en die dorsale- en anale vinne het rooi rante en daar is donkerrooi kolletjies op die dorsale- en stertvinne terwyl daar ligte rooi kolletjies op die analevin is.

Die skubbe is grof en daar kom 28 tot 32 op die systreep voor.

Die vis word tot 29 cm lank. Die Zimbabwe-hengelrekord is 2,21 kg en die Caprivi-hengelrekord is 1,195 kg.

Habitat

Die vis leef in diep, stil water in stadigvloeiende strome en vloedvlakte mere met waterplante.

Hulle vreet sade, klein slakke en waterinsekte. Hulle word gevang met klein kunsaas naby die bodem gesleep of erdwurms, uitgedopte slakke of mossels.

Die wyfie hou die kleintjies in die mond en die visse broei in die somer; hulle broei moontlik twee keer in die seisoen.

Die mannetjie bereik volwassenheid wanneer hulle 150 mm lank is en die wyfie 125–150 mm.

Die vis is redelik skaars, of word min gevang. Hy word ook maklik verwar met die ligrooskurper. Let dan op sy reguit profiel, skraal snoet en effense hol stert, as verskil teenoor die pienkkurper.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

Tags:

Groen-Kurper VoorkomsGroen-Kurper HabitatGroen-Kurper Sien ookGroen-Kurper Eksterne skakelGroen-Kurper BronGroen-Kurper VerwysingsGroen-Kurper

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GeslagsgelykheidWitbloedselRobbeneilandSitrusSkaapAfrikanersBoer Soek 'n VrouJansenvilleFanie ViljoenPinksterKommunismeSpelerposisies in rugbyHannes van WykAntjie SomersAfrikaanse TaalmonumentDiatomiese molekuulThabo MbekiMantisGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaProstaatklierWikimedia-stigtingSkoenlapperNatuurrampBosluisbytkoorsGemeenskapsorganisasieOu Apostoliese KerkJacques LootsKommunikasieDarwinismeRumatiekRussiese inval in Oekraïne sedert 2022EmosieLys van Griekse mitologiese figureAfvalbestuurZoeloesLys van Joodse feeste en herdenkingsMetafoorWes-KaapProstaatkankerOntdekking van goud in Suid-AfrikaPampoentjiesKnopiespinnekopBrittany Ashton HolmesRefentse MorakeWatersuiweringBiologieWetenskapBewaringstatus1200Geskiedenis van erotiese afbeeldingsStilleweGordelroosVleilandBeesFabelLiewe HeksieLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameIndustriële RevolusieTradisionele Afrika-medisyneBreinVoornaamwoordViëtnamSosiale mediaAardverwarmingPussy RiotVaginale kankerCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaBreingewasYslandDeelwoordAardeRymPesachHemelvaartsdagAardedagOopbroninhoudMasturbasie🡆 More