Griffons

Die Griffons (amptelik bekend as die Down Touch Griffons weens borgskapredes) is 'n provinsiale rugbyspan in Suid-Afrika wat gebaseer is in Welkom, Noord-Vrystaat.

Die Griffons neem jaarliks deel aan die Rugby-uitdaagreeks en die Curriebeker se Eerste Afdeling.

Griffons
Bynaam(e) Perstruie
Embleem Griffioen
Stigting 1968
Unie Griffons Rugbyunie
Ligging Welkom
Streek Noord- en wes-Vrystaat
Stadion Noordwes-stadion
Kapasiteit 17 000
President Randal September
HUB Eugene van Wyk
Afrigter(s) Oersond Gorgonzola
Liga(s) Curriebeker
Rugby-uitdaagreeks
Griffons
Griffons
Griffons
Griffons
Griffons
Griffons
Griffons
Griffons
Spankleure


Meeste wedstryde 205 Eric Herbert
Meeste punte 2 608 Eric Herbert
Meeste drieë 55 Nicky Steyn
Eerste wedstryd
Onbekend
Grootste oorwinning
Welwitschias 0–101 Griffons
28 Mei 2016
Grootste nederlaag
Noord-Vrystaat 0–106 Vrystaat
Unie webwerf
griffonsnfs.co.za

Hulle speel in pers, goud en wit klere en hulle tuisveld is die Noordwes-stadion.

Geskiedenis

Die Noord-Vrystaatse Rugbyunie is in 1968 gestig toe Danie Craven, destydse president van Suid-Afrikaanse rugby die spel na Suid-Afrika se landelike gebiede wou uitbrei. Die Noord-Vrystaat was een van vier nuwe provinsiale spanne wat in 1968 gestig is.

Met die aanvang van die professionele era in 1996 het die Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie onder Louis Luyt besluit om die rugbyunies in Suid-Afrika te herverdeel sodat daar net 14 provinsiale spanne oorbly. Met hierdie herskommeling is die Oos-Vrystaat Rugbybond by die Noord-Vrystaat ingelyf. Sedert 1999 staan die span van die Noord-Vrystaat bekend as die Griffons.

In 2016 het die Griffons vir die eerste keer in die bestaan van die unie ’n telling van meer as 100 punte aangeteken in die Curriebekerkwalifiseringstoernooi teen die Welwitschias van Namibië. Die span het 15 drieë gedruk waarvan 13 deur George Whitehead verdoel is.

Rekords

Alle rekords gemeld geld vir die Noord-Vrystaatse Rugbyunie:

  • Wedstrydrekords
    • Meeste punte – Eric Herbert (36 teen Stellaland in 1992 en teen Valke in 1997)
    • Meeste drieë – Piet Maritz (5 teen Suidoos-Transvaal in 1982)
    • Meeste doelskoppe – George Whitehead (13 teen Welwitschias in 2016)
    • Meeste strafdoele – Eric Herbert (9 teen Pumas in 2001)
    • Meeste skepdoele – Eric Herbert (3 teen Vrystaat in 2001)
    • Meeste spandrieë – 15 teen Welwitschias in 2016
  • Seisoenrekords
    • Meeste punte – Eric Herbert (263 in 2001)
    • Meeste drieë – Ossie Damons (14 in 2004)
    • Meeste doelskoppe – Eric Herbert (43 in 2001)
    • Meeste strafdoele – Eric Herbert (56 in 2001)
    • Meeste skepdoele – Eric Herbert (10 in 1988)
  • Loopbaanrekords
    • Meeste wedstryde in Griffon-kleure – Eric Herbert (205 van 1986 tot 2001)
    • Meeste drieë – Nicky Steyn (55 van 2008 tot 2015)
    • Meeste punte – Eric Herbert (2608 van 1986 tot 2001)
    • Meeste doelskoppe – Eric Herbert (331)
    • Meeste strafdoele – Eric Herbert (544)
    • Meeste skepdoele – Eric Herbert (66)

Verwysings

Tags:

CurriebekerNoord-VrystaatRugby-uitdaagreeksWelkom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AardbewingKaren MeiringWaarheid-en-versoeningskommissieUniegebouPersoonlikheidOntbossingKriekGrondsoorteOrthopteraKolonialismeKoringNatuurbewaringVaginale kankerGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaKlimaatveranderingEvangelies Gereformeerde KerkAalwynMichael JacksonDolfynBeaufortskaalLionel PetersonNamibiëLys van musiekinstrumenteStaalBraaiCorioliskragKaliforniese KanaaleilandeSwemVoornaamwoordBelvidere Holy Trinity-kerkGlobaliseringDigtheidJavaScriptWinterWes-KaapOnomatopeeGetalMaagsweerKunstenaarOutismePuberteitAkkedisSuid-Afrikaanse GrensoorlogAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidKameelperdWilna SnymanKunsVlekvrye staalGeslagsregister vanaf Adam tot JesusKlimaatsverandering in AfrikaNiersteenVerstedelikingRenaissanceRivierLys van medisinale kruieTasché BurgerTafelbergTennisWebblaaierIngenieursweseLandbou in Suid-AfrikaMiskruierDoopVoorsetselHenry MurrayAkroniemSeeKuberkrakerNkosi Sikelel' iAfrikaEmosieLewer2024 Chinese Grand PrixPornografiese akteurGriekse mitologie🡆 More