Greg Albertyn

Greg Albertyn (gebore 13 Oktober 1973 in Johannesburg) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse motocross-renjaer (motorfiets-veldrenjaer).

Hy het al 12 keer die wêreld- en Amerikaanse motocross en -supercrosskampioenskappe gewen. Supercross is 'n hoogs tegniese weergawe van motocross wat op spesiaal opgerigte hindernisbane, byvoorbeeld in sportstadions, gejaag word.

Greg Albertyn
Links na regs: Jeremy McGrath, Greg Albertyn, Ken Faught en Steve Hatch, met die vlieënier agter.

Albertyn wen sy eerste wêreldtitel in 1992 in die 125cc-klas. Die daaropvolgende jaar skuif hy op na die 250cc-klas en wen met sy eerste poging. Hy het sy titel in 1994 suksesvol verdedig, wat aan hom 'n driekuns van wêreldtitels besorg het.

Hy is deur die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste (SAGMJ) as die Motorsportman van die Jaar vir 1992 aangewys. Dit volg nadat hy, as Suid-Afrika se enigste wêreldkampioen op daai tydstip, nie vir die Sportman van die Jaar oorweeg is nie.

Prestasies

  • 1992: Wêreldkampioen 125cc
  • 1993: Wêreldkampioen 250cc
  • 1994: Wêreldkampioen 250cc
  • 1999: Buitemuurse nasionale kampioen 250cc

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

13 Oktober1973JohannesburgSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EskomMasturbasieGetalBosluisbytkoorsLys van kleureHerfsEienaamVerstedelikingRymBeaufortskaalSpoorvervoer in Suid-AfrikaLeah van NiekerkSuid-Afrikaanse GrensoorlogSokkerKinderregteWinterZack du PlessisSimboolLongAnglo-BoereoorlogPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVennootskapAfrikaanse woordelys en spelreëlsWaatlemoenTreinE-posSteve BikoKongo-krisisVoëlKindermishandelingBreinvliesontstekingHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalWieg van die MensdomCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaGedigVerbondsarkMisdaadromanMangelVierkantswortelNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyLys van kinderspeletjiesEk is 'n Afrikaan (toespraak)Seksueel oordraagbare infeksieWatersuiweringPampoentjiesLenteAdolf HitlerJagluiperdGeelhoutLys van Afrikaanse televisiereekseAfrikaanse TaalmonumentRacheltjie de BeerOlifantGeslagSan Andreas-breukMenslike skeletWerkloosheidRussiese inval in Oekraïne sedert 2022ProteïenSeksualiteitGroepsdrukEmosieLidwoordProvinsies van Suid-AfrikaImmunologieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaWoordeboek van die Afrikaanse TaalVolstruisIdioomGooglePenisSmaakVarkKasterolieSaartjie Baartman🡆 More