Die graviton is ’n hipotetiese elementêre deeltjie in deeltjiefisika wat swaartekrag (gravitasie) veroorsaak in die meeste kwantumswaartekragstelsels.
Drie van die vier bekende fundamentele natuurkragte word bewerkstellig deur elementêre deeltjies: elektromagnetisme deur die foton, die sterk wisselwerking deur die gluone en die swak wisselwerking deur die W- en Z-bosone. Die teorie is dat die vierde fundamentele natuurkrag, swaartekrag, bewerkstellig word deur ’n tot nou toe onontdekte elementêre deeltjie, die graviton.
Om dit te kan doen moet gravitone altyd aantrek (swaartekrag stoot nooit af nie), moet hulle oor enige afstand aantrek (swaartekrag is universeel) en moet hulle geen massa hê nie (swaartekrag het ’n onbeperkte reikwydte). Gravitone sou ook verantwoordelik kon wees vir donker materie.
Tot nou toe is geen gravitone nog waargeneem nie.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Graviton, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.