Graansorghum: Grasspesie wat verbou word vir sy graan

Graansorghum (Sorghum bicolor) is 'n grasspesie wat verbou word vir sy graan, en gebruik word as voedsel vir mens en dier, en benewens vir etanolproduksie.

Dit is een van etlike Sorghum-spesies, waar Sorghum 'n genus van die grasfamilie Poaceae is.

Graansorghum
Graansorghum: Oorsprong, Gebruike, Galery
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eensaadlobbiges
Klade: Commelinids
Orde: Poales
Familie: Poaceae
Subfamilie: Panicoideae
Genus: Sorghum
Spesie:
S. bicolor
Binomiale naam
Sorghum bicolor
(L.) Moench
Sinonieme
verskeie

Graansorghum staan ook as besemkoring of grootmanna bekend, en word in ander wêrelddele durra, jowar of milo genoem. In die vorige eeu is dit ook kafferkoring genoem, en in Zoeloe en Ndebele staan dit onderskeidelik as Infe en Nabele bekend. Die graan word ook onder die Engelse handelsnaam sorghum bemark.

Oorsprong

Graansorghum is omstreeks 3000 v.C. in Ethiopië mak gemaak, het hiervandaan oor die hele Afrika versprei en word nou wyd verbou in tropiese en subtropiese streke. Om en by 2000 v.C. is graansorghum ook in Sentraal-Indië verbou. In Egipte is dit reeds vanaf die vroeg-Islamitiese tyd 'n belangrike kultuurplant. Slawe uit Afrika het graansorghum aan die begin van die 17de eeu na die Verenigde State gebring. Sedertdien word dit in die meeste dele van die wêreld verbou en het mielies grotendeels as veevoer vervang.

Gebruike

Graansorghum is die wêreld se vyfde belangrikste graan ná rys, koring, mielies en gars. S. bicolor is tipies eenjarig, maar sommige kultivars is meerjarig. Dit groei in polle wat meer as 4 m hoog kan word. Die graan is klein, wat wissel van 3–4 mm in deursnee. Soetriet is graansorghumkultivars wat hoofsaaklik gekweek word vir die blare, stroopproduksie, en etanol; hulle is langer as dié wat gekweek word vir graan.

Sorghum bicolor is die verboude spesie van graansorghum, en sy wilde naverwante maak die plantgenus Sorghum uit.

Galery

Verwysings

Tags:

Graansorghum OorsprongGraansorghum GebruikeGraansorghum GaleryGraansorghum VerwysingsGraansorghum

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NiemetaalMonopolieAngolaWinterSkaakHarry Herbert CrosbyJan Christian SmutsVryheidsdagSoogdierFrankrykCheslin KolbeEngelsSenuweestelselKolitisAgtervoegselWaarheid-en-versoeningskommissieMiddeleeueEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaMaagsweerWoordeboek van die Afrikaanse TaalGeskiedenis van die AardeLys van medisinale kruieSkildklierSeksuele stimulasieDrakensbergeReënVergelykings (taalkunde)Waterbesparing in Suid-AfrikaPizzaYsterKoos BekkerAssonansieFibonacci-reeksSelfmoordMierVulkaanWet op NaturellengrondDoc ImmelmanMorfeemJode in Suid-AfrikaSeekatSlawernySteenkoolWikiquoteMeerKATSekondêre sektor van die ekonomieLys van Afrikaanse rolprenteDramaSeekoeiAardkorsVrouGesonde dieetSokkerDieretuinPakistanGawes van die Heilige GeesKlaviersonate No. 18 in G majeur, D 894 (Schubert)Wapen van Suid-AfrikaLys van veltoestandeCorioliskragTermietKewerSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Omtrek, oppervlakte en volumeRobbeneilandKinderregteDemokrasieHartseerEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaSeksuele opwekkingHipertensieKoringLugbesoedelingDuitsland🡆 More