Die Goue Reël is 'n etiese kode en leefreël wat sê:
Die Goue Reël word in een of ander vorm in feitlik elke godsdiens en kultuur aangetref. Dit is die uitgangspunt van verskeie humanistiese strominge en lewensfilosofieë. Dit is ook die grondslag van menseregte.
In Griekeland is die reël deur filosowe soos Pittakos van Mytilene en Thales van Milete gevestig, in China deur Confucius (551–479 v.Chr.) en in die jodedom in Levitikus 19:18.
Die Christendom het 'n vergelykbare reël, naamlik "Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.". Die reël fokus op wat gedoen moet word eerder as wat (uitgelaat) nie gedoen moet word nie. Dit word in Matteus 7:12 en Lukas 6:31 aangetref.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Goue Reël, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.