Goudrifstad

Goudrifstad (Engels: Gold Reef City) is 'n pretpark in Johannesburg, Suid-Afrika wat in die 1980’s op 'n ou goudmyn gebou is.

Die tema van die park is deur die goudstormloop aan die Witwatersrand geïnspireer. Parkpersoneel dra uniforms wat ooreenkomste toon met die van die 1880's en die geboue in die park is ontwerp om dieselfde tydperk na te boots.

Goudrifstad
Goudrifstad se mynskag.

Vir 'n minimale bedrag kan 'n ondergrondse toer deur 'n werkende goudmyn onderneem word, waarna die gooi van 'n werklike goudstaaf deur die mynpersoneel aanskou kan word. Daar is ook 'n museum op die terrein oor die goudmynbedryf.

Daar is ook vele pretritte by Goudrifstad, onder andere waterritte en mallemeules. Die regstreekse uitsendings van Idols word in die "hippodrome", 'n groot ouditorium in die park, verfilm.

Goudrifstad is in die suide van 'n sakegebied langs die M1-snelweg geleë. Dit is ook die tuiste van die Apartheidsmuseum.

Ritte

Mallemeules

Naam van rit Beskrywing Oprigter Jaar
Anaconda Giovanola 1999
Golden Loop Anton Schwarzkopf 1989
Jozi Express Zierer 2004
Run A Way Mine Train Mack rides ?
Tower of Terror 2001

Waterritte

  • Raging River Rapids
  • Lazy Boats
  • River Ride

Ander besienswaardighede

  • 4D Teater
  • Co-Co Pan
  • Dodgems
  • Giant Wheel
  • Miner's Revenge
  • Old Mill
  • UFO Ride

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

28°00′44″O / 26.23611°S 28.01222°O / -26.23611; 28.01222

Tags:

Goudrifstad RitteGoudrifstad FotogaleryGoudrifstad VerwysingsGoudrifstad Eksterne skakelsGoudrifstadEngelsJohannesburgSuid-AfrikaWitwatersrand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Trigeminale neuralgieKasterolieLieweheersbesieFossielbrandstofKunselementeBynierPapegaaieBraaiAlkoholismeBeeldspraakAspoestertjieAfrikaanse taalleerMonopolieEeuMandalaSowjetunieEmosieAvbobStilleweOos-KaapTrappe van vergelykingKaartFrankrykSwartbewussynsbewegingLetterlike en figuurlike taalgebruikBloemfonteinIslamitiese StaatNiersteenMaselsSportAardedagLyfstraf in skoleBreinkaartHeuningbyWeer (meteorologie)BestaansboerderyAtoomKolitisDistrik SesLeeuReënspinnekopHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalSlag van BloedrivierRieldansGeskiedenis van AfrikaansSharpeville-slagtingTafelbergVars waterGoudkus (streek)SkooluniformMolekuulKlimaatsverandering in Suid-AfrikaBywoordVliegtuigDistillasieVerkoueKultuurEiffeltoringWikipediaSinoniemWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaKaliumVerdampingKoolhidraatSpierHaasMiltPlastiekEugenetikaGeslagKaapstadDie ontstaan van die dramaMateriaalFamilie (verwantskap)Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994🡆 More