Gordon Vorster

Gordon Vorster was 'n Suid-Afrikaanse skilder, rolprentregisseur, draaiboekskrywer en akteur.

Gordon Vorster
Geboorte 17 September 1924
Warrenton
Sterfte 9 Oktober 1988
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Skilder, regisseur, draaiboekskrywer, akteur
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Gordon Vorster is in 1924 op Warrenton, Noord-Kaap, gebore. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hy in Italië diens gedoen en in 1946 het hy vir 'n kort rukkie kunsopleiding in Florence ontvang. In 1947 is hy terug na Suid-Afrika waar hy 'n graadkursus in die skone kunste aan die Universiteit van die Witwatersrand gevolg het.

In 1949 het hy diens by 'n rolprentmaatskappy as draaiboekskrywer en regisseur aanvaar. Hy het sy eerste eenmantentoonstelling in 1955 gehou en na 'n siekbed in 1962 het hy voltyds begin skilder. Sy onderwerpkeuse is byna altyd die Suid-Afrikaanse landskap en die diere- en plantlewe. Sy liefde vir en kennis van die landskap dateer uit sy kinderjare wat hy gedeeltelik in die diamantvelde aan die grens van die Kalahari-woestyn en op 'n plaas by Kimberley deurgebring het.

Aanvanklik was sy werke abstrakte uitbeeldings van natuurverskynsels soos hittegolwe en stofwolke, maar gedurende die sestigerjare het daar realistiese beelde in sy werk begin voorkom. Hoewel hy nog sommige aspekte van moderne kunsstrominge aanwend en met verskillende tegnieke eksperimenteer, is daar ʼn duidelike neiging na 'n meer tradisionele uitbeelding in sy werk.

Gordon Vorster het Suid-Afrika in 1958 op die Venesiaanse Biënnale verteenwoordig en was ook ingesluit in die Suid-Afrikaanse tentoonstelling wat in 1958/59 in Nederland, België en Duitsland aangebied is. Hy het ook in New York en Israel uitgestal.

Hy was veral bekend vir sy spel in die rolprent, Pappalap. Sy eerste roman, The Textures of Silence (ISBN 0688034942) is in 1982 gepubliseer.

Filmografie

As regisseur:

As skrywer:

  • Sarah, 1975
  • Jy's Lieflik Vanaand, 1962
  • Die Tweede Slaapkamer, 1962
  • Basie, 1961
  • Die Jagters, 1960
  • Die Vlugteling, 1960
  • Inspan (storie), 1953

As akteur:

  • Sam et Sally (TV-reeks), 1980 as Davenport
  • The Guest: An episode in the Life of Eugène Marais, 1977 as Oom Doors
  • Sarah, 1975 as Carel Hansen
  • Pappalap ('n Verhaal van 'n pa en sy dogter), 1971 as Pappalap

As vervaardiger:

  • Sarah, 1975

Kunsdepartement:

Eksterne skakels

Bronnelys

  • Jeppe, Harold: Gordon Vorster. In: Lanten. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 11, nr. 1, September 1961
  • Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409702, volume 29, bl. 23

Tags:

Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PerdebyeSpreeuWitbankRobbeneilandResensieSeksismeErfenisdag (Suid-Afrika)SonnestelselNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartySaartjie BaartmanBesnydenisSuid-AfrikaIronieJan-Willem BreureVigsWaterNelson MandelaTamboraRina HugoIndiëKindersiektesSokkerAppendiksBreyten BreytenbachPrimêre sektor van die ekonomieMisdaadArmoedeverligtingSoogdierTsongaGoudkus (streek)OrthopteraGreen PornoLys van Suider-Afrikaanse soogdiereJan van TonderNederduitse Gereformeerde KerkWerwelkolomBoerboelReg tot ‘n gesonde omgewingLabia (geslagsdele)BloedsomloopstelselPaasfeesVraag en aanbodAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomePersentasieLettergreepFotosinteseTrekarbeidAtriale fibrillasieOplossing (chemie)Wayde van NiekerkEnkelvoudige sinMigrasie van voëlsTikTokGoogle TranslateBraaiKongo-krisisJagluiperdKatjieBronsEnsiklopedieHeupvervangingPlastiekGeweldBeaufortskaalNederlandsCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaPiesangNiemetaalOos-KaapKriekMenslike seksuele gedragGoudVeelvoudige sin🡆 More