Gordon-Versameling

Die Gordon-versameling in die Rijksmuseum in Amsterdam bestaan uit 353 sketse wat gemaak is tydens Robert Jacob Gordon se verblyf aan die Kaap en veral tydens sy drie reise na die binneland.

Dit het belangrike kaarte en tekeninge opgelewer wat die kennis oor die inheemse bevolking, en plante en diere vergroot het. Van byna alles wat teengekom is, is tekeninge gemaak en vir hierdie doel is Gordon op sy reise van 'n tekenaar vergesel. Die meeste sketse is in pen en ink en dikwels in kleur.

Gordon-Versameling
Robert Jacob Gordon in 1780

Die onderwerpe was eerstens die Khoikhoi, San en die Xhosa, hul stamhoofde, rituele, kuns en jagtogte. Alle plante en diere is in detail geteken en aandag is ook aan die fisiologie en anatomie gegee. In die versameling is landkaarte en sketse van plase en watervalle. Daar is o.a. panoramasketse van Kaapstad, die Augrabieswaterval, Plettenbergbaai, Algoabaai, Valsbaai, Kamdeboo, Robbeneiland, Knysna en Saldanhabaai. Mosselbaai is byvoorbeeld op 22 Februarie 1778 deur Johannes Schumacher geteken. Hierdie skets is 23,5cm hoog en amper 3m wyd.

Bibliografie

  • www.rijksmuseum.nl

Tags:

AmsterdamRijksmuseumRobert Jacob Gordon

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RenteLys van kleureAntisemitismeSpeelkaartProteïenHernubare energieIngenieursweseGesonde dieetBoomslangKlein-KarooNazi-DuitslandMigrasie van voëlsKankerGemeenskapKimberleySenuweestelselKindersiektesGeweldRenosterDubbelpuntKonsentrasiekampRina HugoVryheidsdagPrivaat maatskappyKrieketYouTubeWieg van die MensdomBorskankerAluminiumSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024VersoeningsdagHeupRegeringVervoerVormMiljardSeksHidroëlektrisiteitThe CranberriesAfrikaCholeraKlem-in-die-kaakMaagLys van Afrikaanse televisiereekseNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartySwart nasionalismeSpinnekopAsemhalingInflasieHondeklipbaaiAfrikanersMuskietLuiperdKitaarGoogleWillie JoubertWikiquoteVerbondsarkNapoleon BonaparteBlaarWaterbesparing in Suid-AfrikaGroot TrekLys van bekende Suid-AfrikanersRooibokSeevlakLNeerslagAardbewingHokkieLiewe HeksieStadRekeningkundeJudaïsmeWortelMaan🡆 More