Google Daydream

Daydream is 'n virtuele realiteits-platform wat deur die Amerikaanse onderneming Google ontwikkel is.

Dit maak deel uit van meer onlangse weergawes van die mobiele bedryfstelsel Android (Android Nougat 7.1 of nuwer). Versoenbare slimfone, wat aan die platform se harde- en sagteware-vereistes voldoen (hulle word as Daydream-ready bemark), kan saam met die Google Daydream View-koptoestel gebruik word.

Google Daydream
'n Google Daydream-koptoestel van die eerste generasie

Die Daydream-platform is in Mei 2016 tydens die Google I/O-ontwikkelaarskonferensie aangekondig, terwyl die eerste virtuele realiteits-koptoestel op 10 November 2016 bekendgestel is. Daydream is Google se tweede skynwerklikheids-platform as opvolger van Google Cardboard wat oorspronklik as 'n lae-koste-stelsel geloods is om verbruikers se belangstelling in skynwerklikheidsprodukte te wek en derhalwe eerder in mobiele toepassings geïntegreer is as in die Android-bedryfstelsel.

Daydream moenie verwar word met die gelyknamige sluimerskerm-toepassing nie wat saam met Android 4.2 in 2012 ingevoer is. Dit is intussen hernoem as screen saver.

Verwysings

Tags:

AndroidBedryfstelsel (inligtingstegnologie)GoogleRekenaarhardewareSagtewareSlimfoonVerenigde State van AmerikaVirtuele realiteit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Byvoeglike naamwoordSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SkaapWhatsAppOrganismeVerkoueAlkoholismeKaapstadWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaBosvarkLeeuShakaJeuksiekteMin ShawGreen PornoLys van visseWerwelkolomVryheidsmanifesSuid-AfrikaDataverwerkingGesonde dieetMontrealIngenieursweseSuikersiekteBiodiversiteitKommaKindermishandelingVloeistofJan-Willem BreurePussy RiotCeresVulkanismeGoogleHerpes simplexSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSuikerbekkiesBeeldspraakVulvaAlliterasieBTWLieweheersbesieTsongaChatGPTSportDinosourusAnglo-BoereoorlogWes-KaapHolocaustDuitsJohan StemmetKoolstofdioksiedDesmond TutuProvinsies van Suid-AfrikaPenisverlengingKnopiespinnekopMusieksimboleDokterVolhoubaarheidHennie MaasTjelloMaria MagdalenaKaaps-Hollandse stylSiya KolisiWekkerDirekte en Indirekte redeOopbroninhoudTegnologieEkonomie van Suid-AfrikaEnsiklopedieOnbemande vliegtuigLewerSendelingposisieLongontstekingBokmakierieHangbrugVolksrepubliek ChinaJoe NiemandPierre Gasly🡆 More