Google Chrome

Google Chrome is 'n oopbron webblaaier wat deur Google ontwikkel word en ten doel het om 'n veiliger, vinniger, en meer gebruikersvriendelike webblaaier daar te stel wat gevorderde webtoepassings kan ondersteun.

Google Chrome
Kort opsomming van die logo.
Google Chrome

Ontwikkelaar Google
Bedryfstelsel Windows, Linux, Mac OS X
Kategorie Webblaaier
Lisensie BSD-lisensie
Webblad google.com/chrome

Google Chrome maak van die WebKit-vertoonenjin gebruik. Dit maak ook deels gebruik van ander oopbrontegnologieë, veral dié van Mozilla. Google Chrome is gebaseer op Chromium, een van Google se oopbronprojekte.

Geskiedenis

Die nuus oor Google Chrome het bekend geword nadat die maatskappy per abuis inligting daaroor op hulle webjoernaal gepos het. Google het kort daarna 'n wêreldwye betaprogram, op 2 September 2008, van stapel gestuur.

Google Chrome is aanvanklik net vir Microsoft Windows beskikbaar gestel. Weergawes vir Linux en Mac OS X is wel later beskikbaar gestel.

Die webblaaier beskik nie oor 'n Afrikaanse speltoetser (soos by Firefox) nie, alhoewel 'n versoek daarvoor ingedien is.

Eienskappe

Van Google Crome se eienskappe sluit in:

  • Outomatiese aanvulling van webadresse,
  • 'n Heelnuwe JavaScript-enjin.
  • Gevorderde moontlikhede m.b.t. webtoepassings
  • Phishing- en malwarefilter (maak van die Google "Safe Browsing API" gebruik)
  • Integrasie met Google Gears.
  • Elke oortjie en inprop word in 'n eie proses uitgevoer (dit help met stabiliteit en voorkom dat te veel geheue gebruik word).
  • 'n Privaatmodus

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Google Chrome GeskiedenisGoogle Chrome EienskappeGoogle Chrome VerwysingsGoogle Chrome Eksterne skakelsGoogle ChromeGoogleOopbronWebblaaier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PersoonlikheidGianna MichaelsHeuningbyHidroëlektrisiteitHelga UysElzette MaarschalkIngenieursweseKlem-in-die-kaakGrondbesoedelingAarverkalkingMelaatsheidAnette EngelbrechtProstaatkankerRieldansHarry KerrVerkleurmannetjieGeskiedenis van AfrikaansKrieketBelastingVigsDermpoliepWhatsAppSias ReineckeOntkiemingMauritiusWinnie Madikizela-MandelaVlinderNeologismeDoopSlag van Cuito CuanavaleKoekie (rekenaarwetenskap)DramaPoësieEskomSonNarsistiese persoonlikheidsteuringNederduitse Gereformeerde KerkWikipediaGoogle TranslateNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaAfrikaansPrimêre sektor van die ekonomieAprilTennisGriepKnieBlaaskankerArmoedeverligtingMagda van BiljonVakbondSkoenlapperNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyDepressie (gemoedstoestand)KunsmisLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaJak de PriesterKoorsblaarInstagramMaagRooilipslangJana CilliersByWinterSteve HofmeyrMis (weerkunde)VermontKasteel die Goeie HoopJannie du ToitHipoteseKolorektale kankerBreinvliesontstekingUnited Democratic FrontVisKlimaatveranderingTrekarbeidBaarmoederDawid🡆 More