Golfleier

'n Golfleier is enige hol metaalsilinder wat gebruik word om elektromagnetiese golwe te lei.

Die golfleiers wat mees algemeen gebruik word het ronde of reghoekige deursnitareas en word van koper of aluminium vervaardig.

Golfleiers kan egter enige deursnitareavorm hê. Die elektromagnetiese veldpatrone sal egter verskil vir verskillend gevormde golfleiers, aangesien die randvoorwaardes daardeur gewysig word.

Indien 'n golfleiersilinder afgesluit word aan albei kante en met elektromagnetiese energie gevoer word, word die energie deur die kante van die golfleier weerkaats. Hierdie tipe opstelling word 'n golfleierholte genoem. Indien die elektromagnetiese energie op so 'n manier weerkaats dat 'n staande golfpatroon in die holte vorm, word dit 'n resonante holte genoem.

Die veldpatrone in verskillende tipes leë en homogeen gevulde golfleiers is al goed nagevors en geklassifiseer in reghoekige, vierkantige, ronde sowel as elliptiese geometrieë.

Verwysings

  • T.V. Chow Ting Chan and H.C. Reader, "Understanding Microwave Heating Cavities", Artech House Inc., 2000.

Tags:

AluminiumElektromagnetismeGolf (fisika)Koper

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ekonomiese sektorProstaatklierGoogleNeonOu Apostoliese KerkAfkappingstekenBynierAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeMahatma GandhiJode7de LaanInentingReënspinnekopGetalReënPampoentjiesBewaringstatusAfkortingVerdampingNatuurwetenskapBewussynGroot GatKHorlosieWeeluisLeestekenPoesNederlandAardverwarmingIdioomGoogle MapsAustraliëAntisemitismeDistrik SesMadison IvyTatoeëermerkJanie du PlessisMynbouPubliekBeeldspraakHemelBesemInsekMuskietLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSimboolJohannes MeintjesMassaTienerBoor (element)WikiSuiwelprodukVleilandPersentasieGawes van die Heilige GeesSpinnekopLidwoordBruto binnelandse produkVrystaatAsiëJohannesburgSirkusResensieGeldGeskiedenis van erotiese afbeeldingsMaanSikloonTafelbergKoppeltekenTrappe van vergelykingHeuningSendelingposisieHindoeïsmePaarl GimnasiumVigsKoolhidraatSitrusSamestelling🡆 More