Golf Van Napels

Die Golf van Napels (Italiaans: Golfo di Napoli, Napolitaans: Gurfo 'e Napule) is 'n baai aan die weskus van Suid-Italië in die Italiaanse streek Kampanië.

Golf van Napels
Golf Van Napels
Satellietbeeld van die Golf van Napels
Golf Van Napels
Kaart van die Golf van Napels
Koördinate:40°44′7″N 14°16′31″O / 40.73528°N 14.27528°O / 40.73528; 14.27528 14°16′31″O / 40.73528°N 14.27528°O / 40.73528; 14.27528
Ligging:Italië
Soort:Golf van die Middellandse See
Oppervlakte:870 km²
Gemiddelde diepte:170 m
Lengte:15 km
Breedte:30 km
Uitvloei:Tirreense See
Eiland/e:Capri, Ischia, Procida
Nedersettings:Napels
Golf Van Napels
'n Uitsig oor die Golf van Napels by Napels met Vesuvius in die agtergrond

Aan die Golf van Napels lê (kloksgewys van noordwes na suidoos) die ruïnes van die ou Romeinse stad Baiae, die stad Pozzuoli met die Campi Flegrei, die stad Napels, die vulkaan Vesuvius met die opgrawings van die Romeinse stede Pompeji en Herculaneum en uiteindelik die stede Torre del Greco en Castellammare di Stabia. Aan die suidoostekant word die Golf van Napels deur die skiereiland van Sorrento begrens.

Die Golf van Napels word min of meer 'verleng' deur drie eilande: Capri in die suide en Ischia en Procida in die noorde. Verdere eilande is Vivara ten suidweste van Procida en Nisida (by Pozzuoli). In die middel van die Golf van Napels is daar egter geen eilande nie. Een moontlike verklaring hiervoor is dat die hele Golf van Napels die krater (kaldera) van 'n supervulkaan kan wees.

Eksterne skakels

Tags:

BaaiItaliaansItaliëKampaniëNapolitaans

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SelfieAfro-AmerikanersNag van die lang messeTekstielPlaattektoniekSkerpioenNasionale VrouedagPinksterAardbewingLandbouAfrikaanse taalleerTuisbladPapegaaieKweekhuiseffekKarooDeelstate van die Verenigde State van AmerikaReg tot ‘n gesonde omgewingWoordeboek van die Afrikaanse TaalPornografieTennisHoofpynKookpuntOmgewingsbeheerBestaansboerderyKartografieCristiano RonaldoNierversakingKoolhidraatBTWAardverwarmingKuberkrakerSirkelKoringWebjoernaalHoofstadKindermishandelingWeskusNaaldekokerHannes van WykSirkusMiltDierAandagstreepWikipediaGroot GatOssewaYslandSkaakApartheidMolekuulNG gemeente JansenvilleWetenskapWerkloosheidWaterstofAtoomWikimedia-stigtingDieregeluideGalileo GalileiLiewe HeksieTatoeëermerkAgtervoegselPampoentjiesRoofvoëlSpringbokSendelingposisieAfvalbestuurVierkantswortelErns GrundlingTuberkuloseVerdampingBlack SashSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Consolidated B-24 LiberatorNier🡆 More