Goggomobil

Die Goggomobil was 'n reeks mikromotors wat na die Tweede Wêreldoorlog deur Glas in die Beierse dorp Dingolfing geproduseer is.

Goggomobil
Goggomobil
Oorsig
Vervaardiger Hans Glas GmbH (1955–1966)
BMW (1966–1969)
Produksie 1955–30 Junie 1969
Bakwerk en onderstel
Klas Mikromotor
Bakstyl 2-deursedan
2-deurkoepee
2-deur afslaankap
wa
bakkie
roadster (Goggomobil Dart)
Uitleg Agterenjin, agterwieldryf
Spesifikasies
Enjin(s) Tweeslag inlyntweesilinder
245 cc
293 cc
392 cc
Ratkas 4-gang handrat
Lengte 2900 mm tot 3035 mm
Breedte 1260 mm
Hoogte sedan: 1310 mm
koepee: 1235 mm
wa: 1695 mm
Asafstand 1800 mm

Glas het drie modelle op die Goggomobil platform geproduseer: die Goggomobil T sedan, die Goggomobil TS koepee, en die Goggomobil TL wa. Die enjin was 'n lugverkoelde, tweeslag, inlyntweesilindereenheid wat oorspronklik 245 cc verplaas het, maar later vergroot is na 293 cc en 392 cc. Dit het 'n elektriese pre-selektiewe oordragkas gehad, vervaardig deur Getrag, en 'n voetkoppelaar. Die enjin was agter die agterwiele gemonteer. Die vering was deur die aanwending van kronkelvere en swaaiasse rondom onafhanklik.

Altesaam 214 313 sedans, 66 511 koepees en 3 667 transportwaens en bakkies is van 1955 tot 1969 gebou.

Glas

Hans Glas GmbH is 'n voormalige Duitse motormaatskappy, wat in Dingolfing gebaseer was. Glas was oorspronklik 'n vervaardiger van plaasmasjinerie, en het ontwikkel tot 'n vervaardiger van bromponies en mettertyd ook motors. BMW het die firma in 1966 aangekoop, hoofsaaklik om toegang tot Glas se patente te verkry, aangesien hulle die eerste was om 'n tydreëlband te gebruik vir 'n oorhoofse nokas in 'n motoraanwending.

Verwysings

Tags:

BeiereTweede Wêreldoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rassisme in AfrikaChristiaan Frederik BeyersElektrodeAnale kankerDieregeluideGeskiedenis van Suid-AfrikaNasiebouGoogleDikdermAarverkalking3D-rolprentSuid-Afrikaanse randGroot TrekArendWaterTamboraAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeWeer (meteorologie)MenseregteMeeueMandalaWolfVierde Industriële RevolusieAmateurradioVoortrekkermonumentKarretjiemenseGrondPolisieKatjieKersfeesNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaHindoeïsmeSpinnekopLetterlike en figuurlike taalgebruikGasWaterbesparing in Suid-AfrikaSwartkwasmuishondDierSmeltpuntE-posDawidHerfsFotoNamibwoestynAngolese BurgeroorlogGeweldBosbokMurunwa MakwarelaHartseerVryheidsmanifesNiemetaalDiskriminasieHoofkarakterKerngeneeskundeWortelStollingsgesteenteVleilandPropagandaMagnesiumPoesInstagramBrongitisVlag van Suid-AfrikaKlimaatveranderingBloedsomloopstelselGetalKopieregDie Stem van Suid-AfrikaErosietipesVreesErfenisdag (Suid-Afrika)StaalDiepaartromboseKlank🡆 More