Goedverwacht is 'n nedersetting geleë in die Weskus Distriksmunisipaliteit van die Wes-Kaap provinsie van Suid Afrika.
Die dorpie lê in die Rietkloof aan die westelike hang van die Piketberg en noordwes van die dorp Piketberg. Dit is 'n voormalige sendingstasie van die Morawiese Sendinggenootskap. Die aanvanklike naam De Goede Verwachting het deur die jare verlore geraak. Hierdie is 'n lintdorp langs 'n spruit.
Goedverwacht | |
---|---|
Koördinate: 32°51′53″S 18°41′46″O / 32.86472°S 18.69611°O 18°41′46″O / 32.86472°S 18.69611°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Bergrivier |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,98 km2 (1,15 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 1 979 |
• Digtheid | 664/km2 (1 720/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 1.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 94.4% |
• Swart mense | 3.5% |
• Ander | 0.1% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 96.4% |
• Gebaretaal | 1.5% |
• Ander | 2.1% |
In 1838 het H.S. Burger die plaas Burgershoek aan ses van sy vrygestelde slawe nagelaat. Sendelinge het van Mamre gekom om in 1845 met sendingwerk hier te begin. Teen 1860 was daar maar ongeveer 200 inwoners. Toe die laaste erfgenaam in 1888 sterf, koop die Morawiërs die plaas en kon die amptelike stigting van die sendingstasie die volgende jaar plaasvind. Teen die tyd van die sensus van 1891 in die Kaapkolonie het die bevolking op 600 gestaan. Net na die jaar 2000 was daar nagenoeg 1 500 inwoners.
Goedverwacht se Snoek- en Patatfees word aangebied deur die Goedverwacht Ontwikkelings Forum gedurende die eerste week van die Junie-skoolvakansie en is 'n hoogtepunt vir die plaaslike inwoners. Die fees word jaarliks deur duisende feesgangers besoek.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Goedverwacht, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.