Afrikaans Wiki 2023: Spesiaal:Soek
AFWiki Tiếng ViệtWiki English

Gloucester is ’n tradisionele, halfharde kaas wat sedert die 16de eeu in Gloucestershire, Engeland, gemaak is, op ’n tyd slegs van die melk van die eens byna uitgestorwe Gloucesterbees.

Gloucester
Double Gloucester cheese.jpg
Ander name Cotswold
Oorsprong Gloucestershire,
Engeland
Melkbron Koeie
Eienskappe
Gepasteuriseer Nee
Tekstuur Halfhard
Vorm Rond
Veroudering 36 weke

Soorte

 
Cotswold en kraakbeskuitjies.

Daar is twee soorte gloucesterkaas: enkel en dubbel. Albei soorte het ’n natuurlike buitelaag en ’n halfharde tekstuur. Die enkelkaas is egter krummelriger, ligter van tekstuur en het ’n laer vetinhoud. Die dubbelkaas word vir langer verouder en het ’n sterker, gekruider smaak. Dit is ook effens harder. Albei word in ronde vorms vervaardig, maar dubbelgloucester is groter. Tradisioneel was die dubbelkaas duurder en is dit uitgevoer, terwyl die enkelkaas gewoonlik in Gloucestershire self geëet is.[1]

Dubbelgloucester word dikwels met ander bestanddele gemeng. Een variëteit word gemaak deur dit met gras- en sprietuie te meng; dit word bemark as cotswoldkaas, hoewel dit nie ’n tradisioneel Engelse kaasnaam is nie.[2][3] Dié kaas het na bewering dieselfde kleur as Cotswoldsteen, ’n Jurassiese kalksteen.[4]

Name

Die rede hoekom die twee soorte kaas "enkel" en "dubbel" genoem word, is nie seker nie. Die hoofteorieë is:

  • dat die romerige melk twee keer afgeroom moes word vir die dubbelvariëteit;
  • dat die room van die oggend se melk by die aand se melk gevoeg is; of
  • dat die dubbelvariëteit gewoonlik twee keer so hoog soos die enkelvariëteit is.[1]

Verwysings

  1. 1,0 1,1 "Double Gloucester" (in Engels). British Cheese Board. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2019. Besoek op 13 Oktober 2009.
  2. Jones, David E. H. (1978-12-07). "Ariadne". New Scientist. 80 (1132): 824. ISSN 0262-4079.
  3. Widcombe, Richard (1978), The Cheese Book, p. 57, ISBN 9780890096628 
  4. "Cotswold Cheese" (in Engels). Gourmet-food.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2016. Besoek op 6 Julie 2013.

Eksterne skakels

This article uses material from the Wikipedia article Gloucesterkaas, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
#Wikipedia® is a registered trademark of the Wikimedia Foundation, Inc. Wiki (duhoctrungquoc.vn) is an independent company and has no affiliation with Wikimedia Foundation.