Glasgow-Moltrein

Die Glasgow-moltrein is 'n moltreinstelsel in Glasgow, Skotland.

Die moltrein is in 1896 in gebruik geneem en is die derde oudste moltreinstelsel ter wêreld (Londen en Budapest se moltreine is ouer). Dit stelsel bestaan uit 'n ondergrondse dubbelsporige ringlyn van 10,4 kilometer met 15 stasies. Die tonnels het 'n diameter van slegs 3,35 meter. Die moltrein is daarom slegs 2,34 meter breed en 2,69 meter hoog. Die spoorwydte is 1 219 millimeter (4 Engelse voet).

Glasgow-Moltrein
Die 'West Street'-stasie
Glasgow-Moltrein
Binnekant

Geskiedenis

Die lyn is vanaf 1891 deur die privaatmaatskappy Glasgow District Subway Company gebou en is op 14 Desember 1896 geopen. In 1923 word dit deur die munisipale vervoermaatskappy van Glasgow oorgeneem. Die trein is tot in 1935 deur kabels getrek. Daarna is die lyn met 600 volt gelykstroom geëlektrifiseer.

In 1977 word die metrolyn vir drie jaar vir opknappingswerk gesluit. Al die stasies is heeltemal oorgebou. 'n Bogrondse opstelterrein (Broomloan Depot) is by stasie Govan gevoeg. Omdat 'n hyskraan nie meer nodig was om treine op die lyn te sit en af te haal nie, kon die ritfrekwensie sedertdien by die aanvraag aangepas word.

In 1980 word die gemoderniseerde netwerk weer onder die naam Glasgow Underground geopen. In 2003 is die naam weer na Glasgow Subway terug verander.

Diens

Op weeksdae en Saterdae vertrek 'n trein elke 4 tot 8 minute. Die diens word van soggens vroeg tot laataand gelewer. Op Sondae is dit beperk tot 'n 8-minutediens tussen 11:00 en 18:00.

Stasies

Glasgow-Moltrein 
Die Glasgow-moltrein

Die metrostasies van die Glasgow-moltrein is (vanaf die noordelikste stasie kloksgewys):

  • Hillhead
  • Kelvinbridge
  • St. George's Cross
  • Cowcaddens
  • Buchanan Street (langs die 'Queen Street'-treinstasie)
  • St. Enoch (die Glasgow Central-treinstasie is binne loopafstand)
  • Bridge Street
  • West Street
  • Shields Road
  • Kinning Park
  • Cessnock
  • Ibrox
  • Govan
  • Partick (met die Partick-treinstasie gekombineer)
  • Kelvinhall

Eksterne skakels

Tags:

Glasgow-Moltrein GeskiedenisGlasgow-Moltrein DiensGlasgow-Moltrein StasiesGlasgow-Moltrein Eksterne skakelsGlasgow-Moltrein1896BudapestDiameterGlasgowLondenMoltreinSkotland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Verenigde State van AmerikaAce MagashuleAfrikanersBestuiwingLongKunsDaggaVloeistofJeuksiekteBobby AngelKunsmatige algemene intelligensieOrale seksHeks van HexrivierHeupvervangingGroot DepressieKarlien van JaarsveldMusiekOorstromingXenofobieMosesKlem-in-die-kaakAfleiding (taalkunde)Geskiedenis van die Verenigde State van AmerikaSosiale mediaEekhoringSeksismeAngina pectorisOogproblemeNemunasSlawernyKoringTsoenamiSelfoonNarsistiese persoonlikheidsteuringProstaatkankerMauritiusNeurenberg-verhorePornhubPaddaRugby, WarwickshireDroogteRooms-Katolieke KerkGeskiedenis van die BoererepubliekeTweede Nuwe JaarTafeltennisVaginale kankerSlag van Cuito CuanavaleSkildklierCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaKoppeltekenVars waterPsigopatieWynand StrydomTelefoonOnderwerp (taalkunde)Mis (weerkunde)Wikimedia-stigtingHeidelberg, GautengSwartbewussynsbewegingStaatstoelaeHannes van WykArmoedeAnglo-BoereoorlogBywoordJavaScriptMondSkisofrenieWêreld- Ekonomiese ForumChemiese elementKompasFopnuusJakobRudi ClaaseWoordsoortGas🡆 More