Hubert Miles Gladwyn Jebb, 1ste Baron Gladwyn (25 April 1900 in Firbeck – 24 Oktober 1996 in Halesworth) was 'n prominente Britse politikus.
Gladwyn Jebb | |
Gladwyn Jebb, ca. 1951 | |
Waarnemende Sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies | |
Ampstermyn 24 Oktober 1945 – 2 Februarie 1946 | |
Voorafgegaan deur | Nuwe amp |
---|---|
Opgevolg deur | Trygve Lie |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Hubert Miles Gladwyn Jebb 25 April 1900 Firbeck, Suid-Yorkshire, Engeland |
Sterf | 24 Oktober 1996 (op 96) Halesworth, Suffolk, Engeland |
Politieke party | Liberale Party |
Eggenoot/-note | Cynthia Jebb, Lady Gladwyn |
Religie | Anglikaanse Kerk |
In Augustus 1945 (na die Tweede Wêreldoorlog) dien hy as uitvoerende sekretaris op die Voorbereidende Kommissie van die Verenigde Nasies. Van Oktober 1945 tot Februarie 1946 fungeer hy as die waarnemende sekretaris-generaal van die VN, tot Trygve Lie as die eerste amptelike sekretaris-generaal benoem is. Daarna word hy die Verenigde Koninkryk se ambassadeur by die Verenigde Nasies.
Ná die beëindiging van sy diplomatieke loopbaan word hy in 1960 tot die adelstand verhef, as Baron Gladwyn. Hy word lid van die Britse Hoërhuis waar hy hom by die Liberale Party skaar. Hy dien as plaasvervangende voorsitter van die liberale Hoërhuis-fraksie en woordvoerder vir Buitelandse Sake en Verdediging. Van 1973 tot 1976 was hy 'n lid van die Europese Parlement. In 1979 was hy 'n onsuksesvolle kandidaat tydens die verkiesing van die Europese Parlement.
Van sy publikasies sluit in:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gladwyn Jebb, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.