Gill Marcus

Gill Marcus (gebore 10 Augustus 1949) was vanaf November 2009 tot November 2014 die negende goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.

Sy is die eerste en enigste vrou wat die pos beklee het.

Gill Marcus

9de goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank
Ampstermyn
November 2009 – November 2014
Voorafgegaan deur Tito Mboweni
Opgevolg deur Lesetja Kganyago

Persoonlike besonderhede
Gebore 10 Augustus 1949 (1949-08-10) (74 jaar oud)
Johannesburg, Unie van Suid-Afrika
Alma mater Universiteit van Suid-Afrika

Biografie

Vroeë jare

Marcus is in Johannesburg in Suid-Afrika gebore. Haar ouma en oupa was Joodse immigrante vanaf Litaue. Albei haar ouers is egter in Suid-Afrika gebore.

Ballingskap

Haar ouers was anti-apartheidsaktiviste en lede van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP). Hulle het in 1969 in ballingskap gegaan en hulle kinders, Marcus en haar twee susters en 'n broer, saamgeneem. Sy het 'n graad deur middel van korrespondensie aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Sy het ook self by die SAKP en die ANC aangesluit. In 1970 het sy in Londen vir die verbande ANC se Departement van Inligting en Publisiteit (DIP) begin werk en is tot adjunk-sekretaris bevorder.

Terugkeer

In 1990 keer sy na Suid-Afrika terug, nadat die ANC ontban is.

Sy word in 1994 verkies tot Lid van die Parlement en word as die Adjunkminister van Finansies onder Trevor Manuel in Nelson Mandela se die Regering van Nasionale Eenheid aangestel. In 1999 is sy as adjunk-goewerneur van die Reserwebank aangestel onder Tito Mboweni. Sy het die pos vir vyf jaar beklee waarna haar kontrak nie hernu is nie omdat sy nie met Mboweni oor die weg kon kom nie.

Daarna is sy as buitengewone professor aan die Gordon Institute of Business Science (Gibs) aangestel. Sy het die sakewêreld betree en as voorsitter van die myngroep Western Areas en later as nie-uitvoerende direkteur van Gold Fields gewerk. In 2007 volg sy Danie Cronjé op as hoof van die ABSA-groep en ABSA-bank

In Julie 2009 kondig pres. Jacob Zuma aan dat sy Mboweni as goewerneur van die Reserwebank sal opvolg. Die aanstelling is deur ekonome en vakbonde verwelkom.

Verwysings

Voorafgegaan deur
Tito Mboweni
Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank
November 2009 – November 2014
Opgevolg deur
Lesetja Kganyago

Tags:

Gill Marcus BiografieGill Marcus VerwysingsGill Marcus10 Augustus1949Suid-Afrikaanse Reserwebank

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Noord-KaapArmoedeverligtingOntbossingTaalHamburgerHector PietersonGetalKindersiektesMassaDemokratiese Republiek die KongoOnderwysMondCovid-19-pandemieNazi-DuitslandRegeringSteenkool in Suid-AfrikaWeervoorspellingGrondwetEkonomie van Suid-AfrikaEngelandSelfstandige naamwoordSuid-AfrikaLoftus MaraisMoslemDigvormAnglisismeDriedimensioneelItaliëSelfoonStereotipeSirkelVoedingDemografie van Suid-AfrikaOm-te-infinitiefkonstruksieKlimaatOlifantGeskiedenis van die BoererepubliekeWeerfrontNarsismeLys van politieke partye in Suid-AfrikaOogproblemeAfro-AmerikanersFinale OplossingGeweldFrederik Willem de KlerkLettergreepPussy RiotMiltSydneyEnsiklopedieVerlede tydHorlosieSamestellingGeografie van Suid-AfrikaInternetMenslike skeletVennootskapWolkCheslin KolbeOopbroninhoudRekeningkundeInflasieBoontjieBesoedelingProteaTrappe van vergelykingHeupvervangingSkaakPad na jou hartSeekoeiGriepSendelingposisieTweede Nuwe Jaar🡆 More