Gilbert Bécaud: Franse musikant

François Gilbert Léopold Silly, bekend as Gilbert Bécaud (* 24 Oktober 1927 in Toulon; † 18 Desember 2001 in Parys), was 'n Franse sanger, komponis, pianis en akteur.

Gilbert Bécaud
Gilbert Bécaud: Franse musikant
Gilbert Bécaud in 1965
Agtergrondinligting
GeboortenaamFrançois Gilbert Léopold Silly
Gebore24 Oktober 1927
Toulon, Var, Frankryk
Sterf18 Desember 2001
Parys, Île-de-France, Frankryk
GenresChanson français, jazz
Beroep(e)Sanger
Komponis
Pianis
Akteur
InstrumenteKlavier, kitaar
Jare aktief1948 tot 2001

Bécaud het gedurende sy loopbaan 33 keer in die Paryse musiekteater Olympia opgetree waar hy in 1954 sy eerste groot sukses behaal en weens sy swing-styl, die energieke aard van sy vertonings en die groot geesdrif waarmee sy sangkuns deur gehore ontvang is (dikwels het sy aanhangers so opgewonde geraak dat hulle hul sitplekke stukkend geslaan het) die bynaam Monsieur 100 000 Volt gekry het. Bécaud het die indruk geskep dat hy steeds in beweging was, asof hy elektries gelaai was. Ander tipiese kenmerke van sy optredes was die donkerblou pak, wit hemp en sy blou das met wit kolletjies wat hy steeds gedra het.

Gilbert Bécaud is ná 'n loopbaan van meer as vyftig jaar op 18 Desember 2001 in die ouderdom van 74 aan boord van sy Paryse huisboot Aran aan longkanker oorlede. Hy is langs die aktrise Marie Trintignant in afdeling 41 van die bekende Paryse Père-Lachaise-begraafplaas ter ruste gelê.

Tags:

18 Desember1927200124 OktoberFrankrykParysToulon

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Antjie KrogTweede VryheidsoorlogLys van veltoestandeEthiopiëHematurieVratAfrikaanse Hoër SeunskoolSwitserlandMenseregtedagBloemfonteinKunsDikdermPeniskankerEkologieAfkortingHartaanvalSonsverduisteringIngrid JonkerWiskundeSeksVoedingAnale kankerCyril RamaphosaHelm (geboorte)Noord-AmerikaJeuksiekteUniversiteit StellenboschPenisDerrickOsoonlaagMartin BesterRugbySatireKlimaatVlag van BangladesjLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)KolonoskopieGeurmiddelWeeluisDiarreeOekraïneRoekelose DadeNamakwalandMielieOnderwysPoleKanadese nasionale krieketspanEngelsSolidariteitAfghanistanKriekSpelerposisies in rugbyRina HugoKadmiumAfrikaanse woordelys en spelreëlsBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse skrywersEoraptorVarkElandréBeesVolumeVigs21 v.C.Guillain-Barré-sindroomHoofstadAntieke EgipteWikiWoordStaat PalestinaPaulus van Tarsus🡆 More